Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Gaan probeer gerus die Aerial Cable Trail by Skyway Trails ... baie lekker gewees."
"Maroth park is 'n fantastiese toeristebestemming. Die winkeltjies daar binne is net baie duur. "
"Marloth Park is heerlik om in te bly, want jy voel jy is reeds in die wildtuin met al die bokkies, kameelperde en ander diere daar en die Krokodilbrughek is maar net 15 minute se ry weg."
"Sabie is redelik sentraal van al die besienswaardighede. Van die Krugerwildtuin tot by die Sudwala grotte. "
"Regte ligging vir ontspanning en om die natuur te geniet. Al gaan jy nie Krugerwildtuin toe nie, kan jy nog steeds die natuur en rustigheid geniet vanaf jou voorstoep."
"Ai as ek darem maar 'n ou stukkie grond daar gehad het, sou ek darem maar lekker daar kon bly!"
"Baie lekker bosveld atmosfeer. Huise so geplaas dat jy nie bure maklik kan sien of hoor nie. Naby Krugerwildtuin. Uitstekend."
"Witrivier is volgens my die bestemming om na al die ander plekke te reis in 'n kort tydjie, soos Hazyview, Graskop, Pelgrimsrus en Sabie."
"Sabie is 'n goeie basis vanwaar mens na die Blyde Rivier Canyon (a must see), God's Window, Pelgrim's Rus, ens kan gaan. Sabie self is 'n baie mooi dorp en van die mooiste watervalle is in Sabie (Lonecreek falls was vir ons die mooiste). Daar is ook vele aktiwiteite soos perdry, bergfiets, flyfising, ziplining, ens in en om Sabie."
"Uitstekende alternatiewe verblyf vir die Krugerwildtuin. Baie rustig. Sal defnitief weer hier bly."