Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Dullstroom is behoorlik ingerig vir die toeris. Daar is menige restaurante en winkeltjies en herinner aan 'n dorp soos Franschhoek of Hermanus. As jy lief is vir visvang, stap en boeklees is hierdie die plek vir jou. Die dorp se winkels en restaurante grens net soms 'n bietjie aan die duurder kant."
"Dit is 'n oulike dorpie met baie om te doen in die omgewing. Dit is ook baie naby aan twee van die Krugerwildtuin se ingange. Die brandstofstasies is net nie heeltemal op standaard nie. Diens was nie te goed nie en die motor se bande se lugdruk kon nie nagesien word nie want die meter/pomp was buite werking. "
"Loved the town, you can spend a whole day there, the atmosphere is wonderful and there are so many places to eat out. The sight seeing in Graskop and surrounds is magical!"
"Great place to holiday in the bush, right next to the Kruger Park."
"Baie goeie bestemming as jy na die Krugerwildtuin toe wil gaan en nie verblyf in die park kan kry nie."
"Jammer oor die Rooibokkies wat uitgeskiet word. Ek hou glad nie daarvan dat dit tussen die vakansiegangers gedoen word nie. My familie het nie baie veilig daarmee gevoel nie. Dink dis onvanpas om te skiet waar kinders in die omtrek is. Stem glad nie saam nie."
"Die enigste probleem wat ons met veiligheid gehad het was dat ons nie gevoel het die kar is so veilig nie."
"Sentraal geleë in Nelspruit, naby oulike winkelsentrum wat toegang bied tot a OTM, Spar en Spur."
"Die veiligheid-situasie bly 'n groot probleem en mens is heeltyd versigtig. Die plaaslike inwoners waarsku jou deurentyd, maar die besoek van die diere maak dit die moeite werd. Ons sal in die toekoms Marloth as basis gebruik vir besoek aan die wildtuin, dis net baie meer ekonomies."