Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Greenfields Cottage"Sommige strate in Nelspruit baie donker, as mens nie die area ken nie, laat dit mens onveilig voel om rond te ry."
"Puik vakansiebestemming in die bos gerieflik naby die Krugerwildtuin. Leeus en luiperds wat gereeld in- en uitbeweeg maak vir 'n opwindende tyd in die bos. Die Amazing Kruger View Restaurant sorg vir vingerleklekkerkos met 'n puik uitsig en fotogeleenthede oor die Krokodilrivier en Kruger. Die winkels en bottelstoor het als wat nodig is en die vulstasie is 'n wenner. Meeste winkels en die vulstasie sluit om 18:30 wat mens kan onkant vang."
"Van die paaie kort bietjie aandag – soms moeilik om met gewone voertuig te ry. Marloth kan meer van die bos teen die heining oopsny vir beter uitsig. Blyplekke is lekker privaat en ver van mekaar."
"Ongelooflike mak diere wat by jou op die stoep kom kuier. Die paaie vanaf die hoofpad is baie sleg."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Forget Me Not"Daar is so baie dinge om te doen. Dis altyd lekker."
"Lekker naby aan Kruger Park. Baie diere. Geniet die wandelpad langs die grensdraad teen die Kruger Wildtuin."
"Town was surprisingly very quiet, especially as it was a Friday. Had a very good meal at the Coachman Restaurant with live music."
"Ons was slegs daar vir mediese redes en het dus nie omgewing besigtig nie."
"Ons het dit baie geniet om te kan rondstap/draf. Al die diere wat ons huis besoek het en die nabyheid aan die Wildtuin om steeds maklik dit te gaan besoek."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Sunset View"Sal enige tyd die gejaag van die stad verruil vir Mbombela!"
"Marloth Park is very well maintained and has a wonderful atmosphere, that makes you feel close to nature. So relaxing!"