Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Die Gorge was ongelooflik, maar die toegangspad vanaf Hazyview is iets wat ek nie vir enige persoon sal aanbeveel nie."
"Vriendelik! Orals vriendelik en puik diens. Van Mankele, Sudwala-grotte, watervalle, Mediclinic, Midas en SPAR - kliëntediens is topklas. Ek was verbaas oor hoe skoon die laeveld is, maar wat my die meeste opgeval het is die vriendelikheid van die mense."
"Sad to see bakery has gone, fresh baked bread rolls whilst sitting at Two Trees was something we enjoyed on previous visits. Impressed to note diabetic and gluten free items being stocked, not only at Marloth but the camp shops in Kruger. We will be back."
"Het al die diere gesien wat ek wou. Vreeslike lekker plek sal weer daar 'n draai maak."
"An absolute must for every visitor. A little warning though, the roads can be tricky as large potholes are all around."
"Alhoewel ons blyplek fantasies was, is Graskop self nie 'n plek wat ek sou voorstel as bestemming nie. Dorp het baie agteruit gegaan en veral as jy 'n siek baba het, is goed soos die apteke nie baie hulpvaardig gewees nie. Ons moes na die dokter toe gaan vir ordentlike medisyne en duurder betaal. Ons sal eerder liewers deurry en net stop by die besienswaardighede."
"Het net mense gaan sien per afspraak so het nie veel van die dorp gesien nie."
"'n Egte Suid-Afrikaanse bosveld ervaring. Dink net daar moet duidelik gesê word mens het 'n bakkie/SUV nodig want die grondpaaie is nie baie maklik om met gewone kar te ry nie."
"Kan dalk iets aan die grondpaaie gedoen word. Olifant drive is 100%, maar die grondpaaie is in minder goeie kondisie, kan seker aan die reën toegeskryf word, maar maak dit moeilik as mens binne die park self wil rondry en wil wild kyk. Verder is dit 'n baie lekker plek."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Be Our Guest"Die aktiwiteite is te veel gemik op buitelanders. Sou graag Farmer's Market of so iets wou bywoon. Het wel die ou motor uitstalling by Ilanga gesien."
"Marlothpark is perfek vir alles. Jy sien wild, alles in die winkels beskikbaar en natuurlik die swempark vir kinders."
"Gaan voortdat die gulsigheid van die wat nou daar koop en bou alles verwoes. Dit begin al meer soos 'n sekuriteitskompleks lyk in sommige dele. Binnekort is dit 'n geteerde voorstad en al die "magic" is weg."