Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"I have always loved Marlothpark, there are areas of improvement. I reported two spots on the fence that was broken but no one cared and never got to speak to the correct party regarding the problem. Knowing the security risk in SA and the latest lion sightings I would have thought it to be a priority."
"Was vir ons snaaks dat net 2 restaurante oop was in die aand vir aandete. Deur die dag kan jy kies en keur, maar nie veel opsies in die aand."
"Het in Wit Rivier grootgeword en was verbaas om te sien hoe baie uitbreiding daar is. Aan die negatiewe kant, het dele van die dorp agteruitgegaan, maar dis seker in elke dorp die geval."
"Marloth se paaie moet net bietjie opgegradeer word. Verder is dit baie lekker daar."
"Dit is baie naby die Krugerwildtuin en mense kla oor akkommodasie binne die Kruger. Marloth is naby genoeg om Kruger toe te ry en wild te kyk. Wild loop ook tussen die huise rond en mense in Marloth is vriendelik."
"Ermelo is tans nie die dorp wat jy was nie. Kan sien die agteruitgang in die dorp alhoewel die inwoners regtig probeer om vooruit te gaan."
"Dit was my eerste keer in Secunda en het ongelukkig te min gesien om 'n opinie te gee."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Sunset View"Dis hele omgewing is mooi. Daar is baie om te doen en te sien. Die Laeveld Botaniese Tuine was beslis 'n hoogtepunt. Kaapschehoop net buite Mbombela is ook 'n moet sien."
"Baie mooi plek en vriendelike mense. Baie gerieflik, net jammer van die mense kla onnodig. Dis bos: jy gaan om te rus nie vir die gerief nie. Jy kom reeds weg van die stadslewe af. Ons het dit baie geniet. Bid dat julle meer reën kry, veral vir die diere se onthalwe."