Geverifieerde Resensie
Mtunzini
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mtunzini bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 62 resensies.
"Baie skoon en rustige plek om vakansie te hou. Die inwoners is so behulpsaam en vriendelik."
"Ons het heerlik gestap. Die dorp is skoon en daar is heerlike koffiewinkeltjies. Dit was ook lekker om af strand toe te gaan, asook lagoon toe."
"It was hard to find somewhere to eat after 6. The beach was well kept but we should have been told before booking that you have to pay R40 per person per day to be able to go onto the beach. They need to have a special rate for visitors that come down for the week."
"'n Kleine juweel van 'n dorpie vasgevang in tyd en wegggesteek vir bewaring - hoe 'n plattelandse kusdorpie behoort te lyk met al die prag en mooi van gister. Tans nog geen tieners op klein motorfietse in die strate en smouse sowel as straatverkopers in gehuggies. Taxis en leeglêers bleik onbekend te wees. Hier kan 'n mens nog asem haal in die natuurskoon!"
"Dis 'n klein dorpie, so dis baie stil. Mens kan altyd ry tot waar jy wil wees, so het die rustigheid geniet."
"Our only reason for the 4 stars here is that the beach, while it is stunning, is not a great swimming beach, especially for younger children. Otherwise, it is a wonderful village with many dining options and a fully stocked Spar."
"Die dorp is baie klein, maar ook baie skoon en netjies. Die woonwapark lyk besonders aantreklik en windbeskut met baie groot bome. Dis net agter 'n sandduin van die see af. Ongelukkig is min of geen gastehuise beskore met 'n see-uitsig weens die bos en sandduine nie."
"Wel 'n beslommernis om op die strand te kom met die deursoek van die motor elke keer opsoek na drank. Net om by die parkeerarea verskeie vakansiegangers met drank in die hand te sien. Het Zinkwazi strand meer geniet! Mtunzini se natuurskoon is egter pragtig asook mooi strande met sandduine."
"Dit is so 'n pragtige, klein dorpie skoon en netjies en almal so vriendelik. Ek besoek slegs Mtunzini vir rolbal."
"Dit lyk of die inwoners moeite doen om die plek skoon en netjies te hou. Welgedaan! The Clay Oven is 'n wonderlike restaurant met vinnige WiFi."
"Mtunzini is ‘n pragtige skoon en veilige dorp met volop geleentheid om voëls te kyk. Daar is ook goeie voëlgidse in die omgewing beskikbaar. Die dorp is baie rustig met 'n pragtige strand en reservaat."
"Mtunzini is 'n paradys. Die mense daar is vriendelik en gasvry. Die dorpie is netjies en redelik veilig. Die strand is bietjie ver en dus is dit nie die ideale vakansiebestemming vir mense wat regtig 'n seevakansie wil geniet nie."
"Baie voëllewe en mens kan ook lekker gholf speel! Die Raphia-palmwoud is ook ’n moet sien!"
"Mtunzini is meer aan die veilige kant, klein dorpie aan die kuslyn met 'n ongerepte strand. As jy 'n rustige vakansie soek is Mtunzini vir jou."