Geverifieerde Resensie
Mtunzini
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mtunzini bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 95 resensies.
"Mtunzini is 'n paradys. Die mense daar is vriendelik en gasvry. Die dorpie is netjies en redelik veilig. Die strand is bietjie ver en dus is dit nie die ideale vakansiebestemming vir mense wat regtig 'n seevakansie wil geniet nie."
"Baie voëllewe en mens kan ook lekker gholf speel! Die Raphia-palmwoud is ook ’n moet sien!"
"Mtunzini is hemel op aarde. Ons gaan al vir baie jare daar heen vir vakansie. Dit is die perfekte plekkie en is nooit te besig nie."
"Toegang to die strand is slegs moontlik deur die reservaat teen R30.00 per persoon per dag. Alhoevwel dit baie mooi is, raak dit ietwat duur wanneer mens in 'n groot groep gaan en elke dag strand to wil gaan. Die fasiliteite by Ezemvelo KZN is nie in baie goeie kondisie in terme van instandhouding op 'n daaglikse basis nie."
"Mtunzini is meer aan die veilige kant, klein dorpie aan die kuslyn met 'n ongerepte strand. As jy 'n rustige vakansie soek is Mtunzini vir jou."
"Mtunzini is an amazing destination to enjoy some great nature. We combined birding, beach day, great walks, mangrove trail and amazing food and it was really special. There is golf, boating and fishing as well which is not ours, but it is possible as well as various other watersport."
"The beach is only accessible through the entrance of the nature reserve; which could be a hassle (i.e. no direct access from the town). However, the beach itself is very nice. The town is very small, with only a Spar for groceries (and a pharmacy and some small restaurants), but we were able to find everything we needed there (quite a nice break from all the crowded malls)."
"Staproetes is baie mooi en lekker om te stap maar is nie goed gemerk nie bietjie meer bordjies en pyltjies sal help. Vir ons was dit baie verwarrend en moeilik om te volg. Die dorp word skoon en netjies gehou wat 'n pluspunt is. Personeel by die besighede is vriendelik. Sal beslis weer die omgewing besoek. Vir natuur en voëlkykers is dit n baie lekker plek om te wees."
"Daar is geen informasie oor die toeganklikheid van die strand nie en die feit dat jy moet betaal as jy na die lagoon of piekniekplek wou gaan. Daar is ook nêrens iets wat reëls rondom honde op die strand uitklaar nie."
"Ek sal vir seker weer Mtunzini besoek. So 'n mooi skoon en rustige dorpie. Wat 'n voorreg om vir 'n paar dae deel van die dorpie te kon wees."
"Pragtige plek! Die diens by restaurante (Clay Oven - hul pizzas is besonders, Fat Cat en die Golf Club - hulle chips en 8 massiewe prawns is heerlik!) was puik. Palm Grove Forest met die rooiknyper-krappe en Raffia Palms moet besoek word, dis uniek. Die strand is groot en oop en lok 'n mens uit om net verder en verder te stap."