Geverifieerde Resensie
Mykonos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mykonos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 106 resensies.
"I would just like to state that not staff is friendly, but other than that I would recommend it to family and friends."
"Mykonos is 'n wonderlike bestemming en tyd vlieg terwyl jy daar is. Die Spa is topgehalte met vriendlike personeel. Alles is veilig en jy het toegang tot alles, met 'n verskeidenheid restaurante wat uitkyk oor die see. My aanbeveling is om ten minste 'n week te bly, want daar is net té veel om te doen!"
"Glad nie baie kinder vriendelik. Ons 6 jarige dogtertjie kon net een speletjie speel by die casino. "
"Droogte het maar 'n groot inpak op Mykonos self. Die Kaliva se hoofslaapkamer deur na buite kort aandag asook die houthortjies."
"Die standaard is baie goed. Mykonos kom alle ouderdomsgroepe tegemoet. Sal graag meer toesig wil sien by die binnenshuise swembad aangesien daar nie by die reëls gehou word wat duik, plons en dompel aanbetref nie. Mens kon nie rustig swem nie en wangedrag in die swembad was nie aangespreek nie. Sal wel weer 'n somervakansie by Mykonos deurbring."
"Langebaan is 'n puik area om in vakansie te gaan hou en heerlik te ontspan. Inwoners daar is baie vriendelik en baie behulpsaam. Sal enige tyd graag weer wil gaan."