Geverifieerde Resensie
Namaqualand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1373 resensies.
"Springbok is ‘n great stad, alles is daar waarna jy soek. Die winkels is great."
"Indien jy aand ete wil eet, maak seker jy bespreek by die Kliphuisie, en maak seker wat dit jou gaan kos en wat jy gaan kry om verassings te voorkom. "
"We found Kamieskroon, a very small little town in the heart of our 'Spring Flower Trip', a lovely little place. Our walk on the Skilpad Circular Flower Route in the Namaqua National Park was breathtaking. Seeing the ground covered in the most beautiful flowers of so many different shapes and gorgeous colours, was astonishing. We had tasty meals at Murasie (on the way to the park) and Kliphuis Kombuis (in town). Both restaurants, as well as the magnificent array of flowers, are seasonal."
"Rustige klein dorpie. Heerlike ontbyt geëet by Kuiervreugde Koffiewinkel."
"Die dorpie is pragtig en het nog die lekker Namakwalandse dorpie atmosfeer. Ongelooflik mooi. Ons het uitgery Leliefontein toe en daar was plate vol blomme op pad. Daarna het ons deurgery Garies toe op die grondpad wat 'n belewenis was. Moet verkieslik 'n bakkie hê vir die grondpad."
"Heuweltjie in die middel van die hoofstraat is pragtig met sy kokerbome. Strate is skoon."
"Sal die park enige tyd met 'n oop gemoed kan aanbeveel, en sal ook weer daar oorslaap."
"Baie goeie jaar vir blommekyk en die inwoners orals baie gaaf en hulpvaardig en vriendelik. Sout-van-die-aarde-mense. "
"Baie ander oorde, baie nice in verskeie dorpe, maar beslis nie Jakkalswater nie. Die plaas kort baie aandag."
"Gaan na die museum in hoofstraat, gaan lees oor die dorp se geskiedenis, kyk die edelstene en koop geslypte klippe, bestel dan sommer 'n heerlike ete."
"Was vreeslik verras dat mens soveel winkels in so dorpie kan kry. En die mense van die dorp is so vriendelik en behulpsaam. Baie oulike dorp."