Geverifieerde Resensie
Namaqualand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1373 resensies.
"Wat 'n pragtige deel van ons land. Die blomme is 'n bonus, maar die landskap en rustigheid is eintlik waarvoor mens moet kom."
"Slegs in blomtyd, en as die geluk jou tref dat dit 'n herder sonskyndag is sonder wind, wolke, ens. dan is die "blomme-ervaring" in omgewing van Nababeeb onbeskryflik en onvergeetlik."
"Garies is 'n pratige dorpie met die vriendelikste inwoners omring met die mooiste natuurskoon."
"Kamieskroon is in 'n pragtige omgewing geleë en is die perfekte basis om die Namakwaland-blomme te gaan kyk."
"Alhoewel kleinsee 'n klein plekkie is en grondpad en baie ver van ander plekke het ons ons geniet."
"'n Groot verrassing, nooit gedink Springbok is só 'n groot dorp met alles wat nodig is, beskikbaar nie."
"Kamieskroon is baie goed geleë vir blommekyk of vir oorslaap op pad Kaap toe. Gedurende die blommeseisoen is daar voldoende eetplekke wat goeie gehalte kos bedien."
"Springbok is 'n groot toeriste aantreklikheid. Dit is baie sentraal geleë in die Noord-Kaap."
"Dit is báie opvallend dat die dorp se paaie dringende aandag nodig het. Groot agteruitgang vanaf my laaste besoek in 2017. Heerlik geëet bt Tauren Steak House."
"Word gesien as 'n baie goeie basis vanwaar blomme en die natuur in die omgewing verken kan word."