Geverifieerde Resensie
Nieu-Bethesda
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 766 resensies.
"Heerlik om verras te word met die verskeie eetplekkies wat daar te vinde is. Ware rus vir die siel en vir die moeë reisiger. Slaap beslis vir ten minste twee aande in die omgewing."
"When reading about Nieu-Bethesda the Owl House comes up as being the prime attraction. However the other attractions such as the Fossil Museum, the brewery and bookshop are much more interesting. The food at The Ibis Lounge is great and deserves to be mentioned in a write-up about the town. As a birder I found birding in and around Nieu-Bethesda was also very good. When travelling on the Owl Route from Graaff-Reinet I saw a number of interesting birds."
"Daar het redelik veranderinge plaas gevind. Die Ibis Restaurant se kos is iets besonders en vars gemaak. Daar het nie veel aangegaan terwyl ons daar was nie."
"Dit is ons sesde besoek aan Nieu-Bethesda en vir seker nie die laaste nie. Hier word mens weer mens."
"Locals is baie vriendelik en behulpsaam, 'n mens voel sommer tuis! 'n Salige tyd-maak-nie-saak atmosfeer. Sal beslis weer gaan."
"Die Uilhuis was vir seker 'n belewenis. Die hele dorpie en sy mense baie vriendelik en behulpsaam."
"Dit was alles waaroor ons kon droom vir 'n vinnige wegbreek. Die stilte was musiek, die mense van die omgewing ongelooflik vriendelik en die koservaring was heerlik! "
"Sal bittergraag eiendom daar wil besit. Dink mens gaan 10 jaar langer lewe as jy daar bly."
"'n Besoek aan Nieu-Bethesda is 'n moet vir enige iemand wat daarvan hou om deur SA te toer. Dit is 'n ondervinding wat jou baie lank sal by bly en na sal laat verlang wanneer dinge om jou mal raak in die stad."
"If you only have a chance to go to one place in the Karoo ─ then this is the place to choose!"
"Wens meer mense wil hulle ondersteun! Dis 'n fantastiese plek met baie om te sien en te leer!"
"It is a nice little town, however, if you are from the city then I would not recommend staying for longer than 2 days."
"Nieu-Bethesda is 'n pragtige dorpie met heerlike restaurante, fietsryroetes en kunswerke."
"Die besoek aan die Uilhuis was 'n aangrypende ervaring. Ons is diep aangegryp deur die lewe en werk van Helen Martins. "
"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke wat 'n mens terugneem na 'n era toe daar baie tyd was om te kuier, om rond te drentel en net om te wees. Dit is egter nie moontlik om Nieu-Bethesda met net een besoek 'in te neem nie', en daarom moet jy met jou vertrek reeds die volgende besoek beplan. "
"Wonderlike belewenis! Dorpie is skoon en netjies met spesiale en vriendelike mense! Bookcovers boekwinkel is ‘n juweel! Uilhuis ‘n emosionele belewenis, maar die mense wat heeltyd iets aan jou wil afsmeer is aaklig. Netjies opgerigte afdakstalletjies is ‘n moet aangesien daar tans nie strukture is nie. "