Geverifieerde Resensie
Nieuwoudtville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieuwoudtville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 213 resensies.
"Nice old town, beautiful sand stone buildings, motorbike museum, waterfall, quiver tree forest, wind-pump display, and museum in Loeriesfontein. Matjiesfontein's farm flower self-drive tour is nearby."
"Very small but nice, book dinner in advance before going otherwise you will be stuck with nothing to eat unless you catering for yourself. Kokerboom Forrest was great! Don't miss that. Maitjiesfontein, was our best flower-sighting area."
"Pragtige, atmosferiese dorpie, mooi blomme en heerlike eetplekke."
"Pragtig in die bommetyd. Pryse oral billik en die kerk maak heerlike kos. "
"Wat 'n verrassing om by die NG Kerksaal in te loop en die predikant speel op 'n Ukelele. Die pannekoek en koffie word al vir 25 jaar verkoop in die saal. Die dorpie is ook pragtig skoon. "
"Die munisipaliteit verwaarloos hul pragtige blommekykplekke buite die dorp. Dit is baie jammer."
"We got there too early for the Spring flowers. The day we arrived it was overcast and raining, despite that we still had a good time."
"Dit moet pragtig wees in blomseisoen. Buiteseisoen is die dorpie baie stil. "
"Almal in Nieuwoudtville is so vriendelik en hulpvaardig. Voel jy hoort daar. Buiten die blomme is daar nog verskeie besienswaardighede wat 'n móét sien werd is. Die vriendelike mense en die pragtige stil omgewing maak die plek."
" Sou langer wou bly om meer van geskiedenis, ens. te leer. Meer blomme te sien. Meer plekke te besoek. Tyd was beperk."
"Dorp het alles wat jy nodig het. Party besighede kan maar bietjie vriendeliker wees. Ons is met vakansie en hou van' n glimlag. Dis 'n baie lekker dorpie met eetplekke winkels, slaghuis en hotel. Daar is baie plekke om te besoek terwyl jy daar bly. "
"Klein dorpie met groot potensiaal. In 'n goeie blommeseisoen is daar baie plekke om te besoek en te bekyk. "
"Almal, gasvrou en restaurant eienaar en winkellier, was baie vriendelik en behulpsaam met inligting oor waar ons blomme sal kry. Ek beveel Die Nedersetting aan vir heerlike etes - die lamsbord was 'n fees!"
"Hier is 'n lekker klein gemeenskap met vriendelike mense. Ons het lekker kermis met die plaaslike kerk gehou so tussen die blommekyk."
"Blommeprag. 'n Omgewing om te besoek in die laat winter/vroeë lente. Mense is baie vriendelik en hulpvaardig."
"Nieuwoudtville is die hartland van die blommeskatkis en elke erf is oortrek met blomme en lelies. Van hier af kan jy maklik in elke rigting die blomme rykdom bereik en beskou. Die jaarlikse mark in die kerksaal is ook die moeite werd om te sien. "
"Die heel beste blomme van die hele toer het ons in Nieuwoudtville gesien en die lekkerste kos by Matjiesfontein geëet! Asook die heerlikste pannekoek by die toeristeburo!"