Geverifieerde Resensie
Northern Drakensberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Drakensberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 72 resensies.
"This venue is for people who want to break away from shops and restaurants and enjoy nature."
"Ons is mal oor die Noordelike berge! Opset was pragtig en ligging uitstekend."
"Die Royal Natal Park is 'n besonderse plek. Die uitsigte vanuit sekere verblyfplekke is ongeëwenaar. Tower of Pizza en Koffie Patch is oulike stopplekkies. Paaie is net plek-plek baie swak deur die regering instandgehou en die plaaslike mense se bokke, beeste, skape en kindertjies maak dit soms gevaarlik op die paaie. Maar dis rustig en verkwikkend mooi as mens die natuur wil geniet. Geen winkels naby, moet Bergsig of Winterton toe ry as jy iets benodig. Bring maar jou kos en meds saam. En pak warm en koel klere, 4 seisoene in een dag is nie onmoontlik nie."
"In Winterton sowel as Bergville is daar winkels waar alles benodig vir selfversorging gekoop kan word. Daar is verskeie koffiewinkels in die omgewing en die paaie is in ’n redelike toestand - so hier en daar ’n slaggat of twee."
"Die natuur is besonders mooi en die 4 seisoene wat jy soms beleef in een dag, maak dit interessant :-). Ons gaan graag daarheen vir rus en lekker stap."
"Altyd wonderlik om in die area te kom! Trotse, pragtige Suid-Afrika. Waarom sal ons oorsee gaan as ons hierdie juweel het?"
"Besoek gerus Little Switzerland vir ete. Baie mooi omgewing. Kos is keurig voorberei."
"Dit is baie mooi. Sal weer op 'n volgende geleentheid die Drakensberge besoek, net nie Kwaggashoek nie."