Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 8189 resensies.
"Ek dink met tyd sal dit ontwikkel. Op die oomblik is dit ou inwoners wat terugkom om die plekke te besoek waar hul gewerk of grootgeword het. Die museum is beslis 'n besoek werd."
"Die dorpie het sy normale beperkinge as 'n klein Karoo-dorpie, maar ons was baie verras met hoe skoon die dorp was en die ongelooflike goeie Lord's Kitchen restaurant, wat regtig baie hoë standaard kos en Karoo-lam disse het!"
"Kies net jou roete van Kleinzee en Koingnaas se kant af. Grondpad van Klipfontein se kant af is baie sleg. Andersins 'n baie lekker kuier met plat-op-die-aarde-mense."
"Baie oulike restaurante, perfekte bestemming om oor te bly tussen Kaap en Gauteng. "
"Perfectly positioned to break our trip from Durban to Cape Town. There were some lovely restaurants and bars and the people were friendly."
"Colesberg is a very good halfway point to George and breaks up the trip to make the journey easier."
"Soos meeste ander dorpe in die streek gaan die infrastruktuur agteruit. Die dorp se ligging en uitsig oor die dam maak egter op daarvoor. Dit is stil en rustig en op ‘n warm dag kan mens heerlik in die dam gaan afkoel. Daar is ‘n vulstasie wat oop is gedurende die dag, ‘n ABSA-kitsbank, drankwinkel en ‘n paar winkels waar mens alles kan kry wat mens op ‘n naweek of vir langer nodig mag hê. Die onbekende Rolfontein Natuur Reservaat is aangresend aan die dorp en ook ‘n besoek werd. "
"Colesberg het sy eie bekoring wat mens gelukkig in lugversorgde omstandighede kan geniet."
"Die munisipaliteit kan meer doen omtrent die straat name. Ons wou op 'n historic walk gegaan het en het verdwaal omdat die strate nie duidelik gemerk is nie. Die middestad van Kimberley is baie vuil - glad nie the city that sparkles nie. Straatligte in een van die hoofpaaie het nie gewerk nie en ek moes in die donker een aand na die hospitaal soek. Daar is ook onnodig te veel slaggate in die paaie."
"Rustige dorp wat goed geleë is vir 'n oornag rus. Baie mooi ou huisies en geriewe in die dorp. "
"Het meer die Groter-Upington besoek, gaan besoek gerus Augrabieswaterval en ‘n rit op Sakkie se ark is ‘n besliste moet."
"Ek is bietjie teleurgesteld in Keimoes. Tierberg is moo,i maar die glas stukke en stukkende drankbottels lê wyd verspreid. Mense is darem baie vriendelik en hulpvaardig. "
"It is a quaint little town and the gateway to a variety of places to visit when heading to the West Coast."
"Eg Suid-Afrikaanse en karaktervolle en geskiedkundige geboue verleen 'n aangename ambience. Heerlike tradisionele geregte eie aan die Karoo by van die restaurante te kry. "