Geverifieerde Resensie
North Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3232 resensies.
"Dis net hartseer dat so mooi bestemming ook so erg deurloop onder kragonderbrekings en dan is als donker en stil."
"I want to move there. The river boat cruise was awesome. So many eating places, definitely an experience to repeat."
"Baie skoon en rustige plek om vakansie te hou. Die inwoners is so behulpsaam en vriendelik."
"Families should be encouraged to go to Thomsoms Beach if they have young kids. Amazing spot."
"Vibrant, great variety, delicious food and beautiful beaches."
"Strande by Cape Vidol is pragtig en mens kan lekker stap. Watertoevoer by St. Lucia se strande was buite werking en daarom was toiletgeriewe nie na wense nie. Restaurante in St. Lucia was op 'n goeie standaard. Was voorheen by Ballito en die seeswembaddens daar het heelwat seelewe wat met snorkeltoerusting geniet kan word. Noordkus is beslis 'n bestemming om aan te beveel."
"St. Lucia is "best of both worlds". Heerlik om terselfdetyd 'n riviermond, see en wildreservaat in die onmiddelike omgewing te hê. Dit is wel 'n omgewing wat baie reën kry. Kom dus voorbereid vir daai een of twee reënerige dae."
"Die pad van Ermelo na Pongola is baie sleg en onveilig. Die restaurante in die dorp se diens is swak en die koskwaliteit ook. Gebruik die Skibootklub se restaurant. Hulle is baie goed."
"St Lucia is beautiful, we went to Cape Vidal, to the sea, to the croc show and on the hippo and croc boat cruise. The town was within walking distance which was nice for us."
"'n Besoek aan die park is beslis 'n moet as jy van wildritte hou, daar is plekke om uit te klim (natuurlik op jou eie risiko) en voetpaadjies te volg na uitkykpunte. Die beste was die toring, absoluut die moeite werd vir daardie asemrowende uitsig! Jy kan ook 'n bootrit neem om baie seekoeie te sien en 'n paar watervoëls. As jy gelukkig is kry jy dalk 'n seekoei laataand wat in die dorp die grasperke besoek. Daar is beslis ander aktiwiteite ook genoeg om jou besig te hou vir 'n naweek!"