Geverifieerde Resensie
North Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3234 resensies.
"Heerlike verskeindenheid van restaurante en die huis is naby uitstekende koswinkels. Dorp was opvallend-netjies en goed versorg - baie verblydend."
"Bootvaart op die meer, uitstappies na die Oos en Wesoewers van die meer en Cape Vidal (om te snorkel) word aanbeveel!"
"Ons het dit vreeslik geniet on te snorkel en het die mooiste tropiese visse en koraal gesien in Granny's en Thompson Pool."
"Min informasie beskikbaar. Strande swak gemerk. Baie gerieflik vir inkopies. Baie verskeidenheid in restaurante en wegneemeetplekke."
"Nie so maklik om strand toe te stap nie, of ons het nie die regte paadjie ontdek nie. Natuur en omgewing pragtig."
"Great place if you want peace and quiet, like long walks on the beach, fishing and going to the various game reserves like Isimangaliso Wetland Park and Hluhluwe–iMfolozi Park."
"Somewhat noisy later on Saturday night, 13 Nov, with a celebration at a resort nearby, but not to extremes."
"Mooi deel van land. Baie natuurreservate en mooi strande. Nie regtig 'n plek vir klein kinders nie. Ook nie goeie swemstrande nie. Goeie plekke om te besoek: Canerat crafts, Cane Cutters voëlpark, krokodilplaas, Chane cheese farm, Cape Vidal en Mission Rocks."
"St Lucia was skoon en netjies en het gely onder Covid-19 en beurtkrag. Die reservaat naby Cape Vidal was amper toegegroei en was daar te min diere om te sien terwyl daar oorvloed aan kos is. Die toegangspad na St Lucia vanaf die N2 begin nou rommelig te word met allerlei herstellings langs die pad wat die pad enorm ontsier wat ernstig nadelig kan word vir St Lucia."
"So much to do, great tours, great beach. Isimangaliso Wetland Park is a hidden gem. Recommend you buy a KZN parks map book."
"My gunsteling plek om net te ontspan en langs die see te gaan stap en op die bankies te sit en na die see te luister."
"Ek was verras. Baie mooi en rustig. Vir seker ’n plek om te besoek. Was wel buite seisoen."
"Die week het ons finaal besluit dat ons sal verhuis af Noordkus toe. Die mense, verkeer, gerieflike winkelsentrums, en laaste maar definitief nie die minste nie, die strande en warm see."