Geverifieerde Resensie
Underberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Underberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 324 resensies.
"Dis 'n baie oulike dorpie. Pad van Bulwer af tot daar nie mooi nie, dit lyk maar soos die res van SA se paaie."
"Sani-Pas tot in Lesotho is 'n emmerskoplysie-item om te doen vanuit Underberg."
"Absolutely stunning area, but the road there requires concentration and great driving skills as its 1hr45min of potholes unfortunately."
"Be very alert of the huge and deep potholes on the tarred road, especially between Bulver and Underberg."
"Die area buite die dorp is baie besonders. En meer as genoeg kuier- en eetplekke. Maar die dorp is in 'n toestand. Geen onderhoud vanaf regering. Gemeenskap trek die wa deur die drif."
"Ons sal graag weer in Underberg kuier. Dis 'n pragtige plek naby aan die majestieuse Drakensberge en daar is baie om te sien en te doen in die omgewing."
"Lieflike omgewing. Jammer dat die Lesotho grenspos Covid toetse vereis om Sanipas op te gaan."
"Baie mense was uitgesproke daaroor dat daar eintlik nie baie aangaan by Underberg nie. Op soek na rustigheid, was die pragtige omgewing, nabyheid van die staptogte by Garden Castle, Himeville en Sanipas meer as genoeg vir ons."
"Die omgewing is asemrowend. Ons reis per motorfiets en dit was werklik pragtig. Die paaie is goed onderhou en die plaaslike mense almal vriendelik."
"Underberg is such a beautiful place to travel. The mountain's are definitely breathtaking."