Geverifieerde Resensie
Escape From Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 8862 resensies.
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Uit en Tuis Guesthouse"Parys is 'n dorp met baie karakter en dit is wonderlik om te sien hoe inwoners hulle inisiatief gebruik om toerisme geleenthede te benut. Dit wel egter voorkom asof die munisipaliteit en die plaaslike owerheid heelwat meer kan doen om te sorg dat die dorp 'n gunsteling bly onder besoekers. Die Vaalrivier wat by die dorp verbyvloei speel 'n groot rol in Parys se aantrekkingskrag. Die voortdurende besoedeling as gevolg van rioolafval wat in die rivier invloei, moet so gou as moontlik stopgesit word, ter wille van die dorpenaars sowel as vakansiegangers en reisigers. Dit wil ook voorkom of misdaad aan die toeneem is in Parys. Dit moet vroegtydig in die kiem gesmoor word voordat dit 'n vlak bereik waar dit mense begin afskrik om die skilderagtige dorp te besoek. "
Schoemansville, Ontsnap Uit Johannesburg
Pumleni Guesthouse"Baie te sien en te doen en baie goed geleë."
Waterkloof Ridge, Ontsnap Uit Johannesburg
L'Abri"Vakansie in Pretoria is glad nie 'n slegte idee nie! Die doel van ons besoek aan Waterkloof was om aan sport deel te neem, maar op die ou einde het dit soos 'n regte vakansiegevoel. Meer as genoeg opsies vir baie pret en plesier!"
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Lavender Place"Maandae en Dinsdae is meeste van die plekke toe, so ons het nie veel te sien gekry nie."
Bethlehem, Ontsnap Uit Johannesburg
GooseBerry Guest House"Goeie eetplekke met vriendelike diens. "
Mooinooi, Ontsnap Uit Johannesburg
Mamagalie Lodge"Die Spar inkopiesentrum het ons verbaas, baie groot en goed vol voorraad. "
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
The Danes on Vaal"Dit bly 'n stukkie hemel op aarde waar tyd gaan stil staan!"
Brooklyn, Ontsnap Uit Johannesburg
MiCasa SuCasa Manor"Brooklyn is 'n pragtig en uiters sentraal geleë area wat aan al ons behoeftes voldoen het. Heerlike eet- en kuierplekkies."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Hunters Pride 39"Ons het heelwat boksoorte gesien. Ongelukkig net die spore van die olifante, maar was nie so gelukkig om renosters of enige van die katte in die Groot Vyf te sien nie."
Brits, Ontsnap Uit Johannesburg
Bamboo River Lodge"Nice friendly little town and a shopping mall with lots of restaurants and shops."
Sentraal Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
Akkommodasie @ Remembrance"Maklik om restaurante en winkles te kry."
Fouriesburg, Ontsnap Uit Johannesburg
Uitzicht Private Game Reserve and Lodge"Daar is nie veel om te doen in die dorpie nie."
Fouriesburg, Ontsnap Uit Johannesburg
Pumula Guest Farm"Oulike dorpie met oulike eetplekkies en winkeltjies."
Montana Park, Ontsnap Uit Johannesburg
De Berg Hutte"Baie om te doen in 'n stil area met vele rondloopplekke."
Brits, Ontsnap Uit Johannesburg
Bamboo River Lodge"Die straat na die gastehuis lyk maar baie verwaarloos met vullis wat orals rondlê. Ons bestemming was egter die moeite werd."
Boshoek, Ontsnap Uit Johannesburg
Gatz Guest House"Die area, oor die algemeen, kom redelik afgeleef voor en ek sal dit nie as 'n toeristebestemming (op sy eie) aanbeveel nie. Dit is te ver van Sun City en Pilanesberg af om op hulle geriewe en aktiwiteite aanspraak te maak."
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Cottage Della Diga"Daar is baie om te doen en te sien vir almal. Ons het dit baie geniet."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Thala Thala"Altyd 'n wenner as jy net rustig en stil wil wees om die natuur te geniet."
Magaliesburg, Ontsnap Uit Johannesburg
Nullarbor Cottages"Ons was by The Crooked Tree hondepark. Lieflike park met netjiese, skoon geriewe. "
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
OuKlip Game Lodge"Dinokeng is an amazing reserve with a lot of potential! We look forward to visiting again."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Mooiplasie Bush Camp"Lekker naby Pretoria, heerlike wegbreek vir 'n naweek!"