Geverifieerde Resensie
Escape From Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 8862 resensies.
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
La Belle Guesthouse Parys"Dit is jammer dat die pragtige Vaalrivier in die dorp nie meer toeganklik is nie. Hangbrug en omgewing is verwaarloos en daar is nie piekniekares nie. Oulike winkels en eetplekke."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Mongena"Die reservaat is nog jonk, baie ruig, maar tog mooi bosveld-natuurskoon. Ons het verkies om self deur die park te ry, instede van om op betaalde wildritte te gaan (wat nogal duur is...). Ongelukkig nie veel wild gesien nie, maar dit nogtans geniet. Pilanesberg het ook so begin, baie jare gelede, en ek glo met tyd sal Dinokeng ook ontwikkel, soos wild met tyd saamgroepeer om trekkende troppe te vorm. Sien uit daarna."
Pilanesberg Nasionale Park, Ontsnap Uit Johannesburg
The Kingdom Resort"Potholes kan reggemaak word!"
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Jak de Priester Huis"Parys is 'n pragtige dorp. Die rivier is baie mooi. Eetplekke is baie goed. Sal weer daar wil gaan kuier."
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
El Shadai Guesthouse & Spa"Mooi, maar paaie gaan baie agteruit en die dam is vol hiasinte."
Protea Park, Ontsnap Uit Johannesburg
@ Home Guest House"Very quit place to stay and to live in it."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Jak de Priester Huis"Is mal oor Parys en het al heelwat naweke daar oorgeslaap."
Kroonstad, Ontsnap Uit Johannesburg
DeHoek"Ons het Kroonstad as ons oornagverblyf vir twee nagte gebruik omdat ons NAMPO besoek het. "
Wingate Park, Ontsnap Uit Johannesburg
LeoZet Self Catering Flat"Dit is baie sentraal geleë en 'n rustige woonbuurt."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Rose Acres Guest House"Die meeste restaurante is toe op 'n Maandagaand."
Klerksdorp, Ontsnap Uit Johannesburg
Aanwins Budget Stays"Ek het NAMPO besoek vir twee dae en het 'n goedkoop blyplek gesoek om oor te slaap. Bothaville was vol en Aanwins was beskikbaar en bekostigbaar. Klerksdorp as gasheerdorp tydens NAMPO kan dalk beter bekend gestel word. Dis net 'n bietjie ver van NAMPO af, maar gastehuise aan die suidekant (Bothaville kant) kan dalk beter werk as plekke aan die noordekant (Ventersdorp kant). Gastehuise in Klerksdorp is net baie duur."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
À la Maison Boutique Guesthouse"Ons het Maandag en Dinsdagaand tydens die Nampo-week in Parys oorgebly. Ons was baie teleurgesteld dat al die restaurante gesluit was, en ons moes maar met Spur tevrede wees. Ek verstaan dat Parys oor naweke baie besig is, maar ek voel in hierdie spesifieke week van Nampo kan 'n uitsondering gemaak word. Vriende van ons wat ook in Parys oorgebly het, het dit ook so ervaar."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Schilbach House"Pragtige dorpie, maar die paaie is sleg en kan sien dit word nie in stand gehou nie. Paaie benodig beslis baie aandag."
Stilfontein, Ontsnap Uit Johannesburg
A New Dawn Guesthouse"Dit is 'n rustige omgewing met vriendelike mense."
Rietondale, Ontsnap Uit Johannesburg
Tevrede Guesthouse"Close to the city, but far enough away from the crime."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Schilbach House"Ons het baie lekker gekuier in die 'n nat en koue Parys. Ons het Sondagoggend 'n heerlike familie-ontbyt vir Moedersdag by N"Style restaurant gehad."
Erasmuskloof, Ontsnap Uit Johannesburg
Cosy Cottage"Dit is 'n baie mooi woongebied met die beste inkopiesentrums naby. "
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Bospatrys Retreat"Ons wildkyk was beperk tot die area waar ons gebly het. Ons het verwag om toegang te hê tot 'n groter gebied."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Arvore Selfsorg"Parys is an exciting town with wonderful shops & restaurants as well as friendly, helpful residents. Will certainly make an effort to make a further trip there in the near future."
Garsfontein, Ontsnap Uit Johannesburg
Sunbird Garden Cottage"Besoek die omgewing jy sal nie spyt wees nie."