Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6660 reviews.
"Fees vir die oog en hart. Pragtige natuurskoon en dorp met ouwêreldse sjarme."
"Baie lekker vakansiedorp met baie aktiwiteite en interessante restaurante. Veral aangenaam as die meeste mense na nuwe jaar vertrek."
"Die mense is almal baie vriendelik, die omgewing baie mooi en daar is heerlike eetplekke nie te ver van die dorpie af nie, bv. by Joubertina en Twee Rivieren."
"Wonderlike stil plekkie, ongerep en veilig. Ons hoop dit bly so en word nie gekommersialiseer soos soveel ander juwele nie."
"Pragtig netjiese dorp om op trots te wees. Baie om te sien, vriendelike inwoners! "
"Pragtige dorp terwyl Vallei van Verlatenheid die dam en die dorp uitstekende fietsry/stap geleenthede bied. Inligting oor dorp dws begraafplase/skole en museums het ek nie by gastehuis gekry nie maar glo dit is beskikbaar by infosentrum. Ek dink dit kan beter bemark word as oornag/toeriste bestemming waar mense meer as een nag moet slaap!"
"Benodig nog sitplek vir die mense wat nie strand toe gaan nie, maar wat wil net sit en kyk vir die see. "
"Uitstekende strand en swemarea. Mooi rivier uitmonding wat ideaal vir kinders is."
"Merk van straatname sodat die inligting leesbaar is, sou aanbeveel kon word. Raak rof as mens moet raai wat daar in wit op 'n ligblou agtergrond geskryf staan."