Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10323 resensies.
"Sal weer in Graaff Reinet gaan kuier. Ons kuier was heeltemal te kort, maar ons het baie gesien en lekker by al die klein restaurantjies geëet. Besoek gerus die Vallei van Verlatenheid ... dis 'n moet!"
"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!"
"Aberdeen het ons lekker verras. Dit is 'n mooi skoon dorpie met die mooiste kerk in die middel van die dorp. Die mense is vriendelik en het ons sommer gou tuis laat voel. Ek sal beslis terugkeer om meer van Aberdeen te verken."
"Heerlik naby die see met klomp lekker dinge om te doen. Binne loopafstand vanaf goeie restaurante en eetplekke. Baie veilige en skoon strand."
"Graaff-Reinet was 'n lekker dorp om te verken, veral met die pragtige kerk, die Kaktus Kwekery en natuurlik die Vallei van Verlatenheid. Ek sal terugkeer om nog meer te verken."
"Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is."
"Jeffreysbaai is wonderlik ... lieflike swemstrand en ideaal vir lang stappe op die strand. "
"Jeffreysbaai het al my verwagtinge oortref. Die swemstrand was skoon en die restaurante heerlik. Perdry by Papiesfontein was goed."
"Interessante dorpie. Reisigers moet voorsiening maak vir eie kosvoorraad, veral op 'n Sondag. Die Ranch Restaurant is 'n aanwins vir die dorp. "
"Ons ervaring was die van spyt - spyt dat ons slegs oornag het in plaas van 5 tot 10 dae van verfrissende stilte rus en vrede."
Makhanda (Grahamstad), Oos-Kaap
Jenny's Guest House"'n Juweel met baie interessante besienswaardigehede wat 'n opvolgbesoek regverdig."
"Beautiful beach and lagoon. Quiet, peaceful and calming. Not at all as busy as Jeffrey's Bay but shops are still within 10 minutes' reach."
"Almal wat Graaff-Reinet besoek moet na die Vallei van Verlatenheid gaan kyk. Dis 'n heerlike uitstappie. "
"Graaff-Reinett het soveel besienswaardighede. Ons het die Vallei van Verlatenheid gaan besoek en dit was 'n wonderlike ervaring."
"Definitief die moeite werd om so klein draaitjie vanaf die groot pad te ry en die ou dorp, sy kerk, koffie en oudhede en winkels te gaan kyk, en dan natuurlik die Uilhuis met al die pragtige kleure en glas."
"Cradock is 'n stil dorpie, maar ons het die Eierklip besoek en lekker in die berge gaan rondstap. Die uitsig oor die Visrivier is natuurlik ongelooflik mooi!"
"Baie lekker area om in te bly! 'n Bietjie weg van die gedruis van vakansiegangers. Mooi uitsigte!"
"Bluewater Bay is 'n rustige area omtrent 15 kilometer vanaf sentraal PE. Dit het ons goed gepas aangesien PE baie besig kan raak in die vakansietyd en ons in die aande uit die gewoel na 'n rustige, stil area kon terugkeer. Die strand is naby die woning geleë en het lewensredders en ablusies. "