Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10323 resensies.
"Baie interessant en beveel aan om verseker ten minste een keer in jou lewe een nag oor te bly."
"As jy in die winter in daardie rigting gaan onthou dit is regtig koud. Dit is 'n interessante dorpie en om elke hoek is daar iets anders van keramiek werk tot 'n brouery wat koffie ook maak vir koue reisigers."
"Paradise Beach is 'n lekker rustige omgewing. Sekuriteit is absoluut uitstekend, baie veilig. Die mooiste natuur en strande!"
"Nieu-Bethesda is nie 'n deur-ry dorpie nie. Dit is 'n klein juweel wat ten minste 2 aande se verblyf regverdig en selfs dan is dit te min tyd. Verwag die minste en word dan ryklik bekoor deur die natuur, onthaal deur die "insiders" en verstom deur die rustigheid wat jou oorval."
"Nice halfway stop from Port Elizabeth to Johannesburg. Just love the biltong shop in Cradock! People are really friendly and helpful."
"Ons het Nieu Bethesda besoek. Die heerlikste kos geëet by die Tower restaurant. Puik gewees. Uilhuis besoek. Baie mooi en baie interessant gewees. Sal graag wil teruggaan en meer van die omgewing wil sien. Baie vriendelike mense in die omgewing."
"Selfs my studente dogters en my tienerseun het Reinet huis geniet. Dis 'n moet. Iets vir elkeen om te sien en te waardeer. En net een blok se stap van die gastehuis af."
"Baie lekker gewees. Ons het baie diere gesien en die olifante was fantasties. Sal weer kom. "
"Opvallend dat al die mense Afrikaans praat en baie vriendelik en hulpvaardig is. Voorwaar 'n aangename paar dae daar deurgebring. Baie om te sien en bekostigbaar vir 'n gesin. "
"Pragtige plekke naby bv. Karoo-landskappe, die Uilhuis en Nieu-Betesda, genoeg om jou besig te hou. Ander gaste in die gastehuis kom gereeld hierheen vir paar dae vakansie in die omgewing. Ons het dit baie geniet en sal weer daar gaan toer."
"Akkomodasie is geskik vir 'n verskeidenheid soorte besoekers, sakereisigers, families asook toeriste. "
"Die Camdebo Reservaat, veral die "Valley of Desolation" deel is merkwaardig om te sien - die kinders het dit veral geniet by die uitkykpunte. Die dorp is redelik netjies, met die nodige handelswinkels om dit gemaklik te maak om daar te bly. Die histories belange in Graaff-Reinet was ook goed oorgedra in die museums. Die nabygeleë Nieu-Bethesda moet ook nie gemis word nie!"
"Pragtige plek, sal gou weer 'n draai maak, beslis nie genoeg tyd gehad om als te besigtig nie."
"Dit was 'n sielsverrykende ervaring en ek sal weer en weer gaan. Eintlik wil ek nie die plek te veel prys nie, maar dis selfsugtig omdat ek bloot wil verhoed dat die wêreld daarop toesak."
"Graaff-Reinet is 'n wonderlike toeristebestemming. Die dorp het 'n baie interessante geskiedenis, lyk voortvarend met heerlike 'coffee shops' en interessante winkels, terwyl die omgewing pragtig is."
"Ek hou van Walmer omdat daar baie klein eetplekkies, koffieplekke en klein besighede is, sowel as die groot Mall. Dis 'n goeie area om in te ontspan en dit is naby genoeg aan die see en ander ontspanningsplekke."