Verified Reviews
East London
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in East London
Rated 4.1 out of 5 based on 223 reviews.
"Dit mag intimiderend lyk, maar besoekers moet tog die duine klim. As jy eers bo is, is dit die moeite werd."
"Bunckersheuwel is naby die golfbaan, winkelsentrum in die nabygeleë Vincent area asook Nahoonstrand met sy uitgestrekte strand en oulike koffiewinkeltjies, wat maak dat 'n mens nie ver hoef te ry om by 'n vorm van afleiding te kan uitkom nie. Dit is ook 'n rustige en skoon deel van die stad wat meer 'n plattelandse gevoel gee as jy daar is."
"Fantastiese vakansiebestemming, heerlike strande. Veral Nahoon Beach is 'n lekker swemstrand. Fantastiese winkelsentrums soos Beacon Bay Retail Park, Hemingsway Mall en nog vele meer."
"Uitstekende strand en swemarea. Mooi rivier uitmonding wat ideaal vir kinders is."
"It is a lovely guest house that is perfect for a short stay however I would not make use of it over a long period of time. It is also near to a shopping complex that has the basics just as a Pick n Pay."
"Dit was die eerste keer wat ek Nahoon besoek het en ek was beïndruk met die ligging. Ons het verskeie plekke besoek tydens ons vakansie daar en al ons bestemmings was binne 10 min. se ry van ons af. Die strand is lieflik en maatreëls word streng toegepas. Wat 'n fees om Nuwejaarsdag daar te kon spandeer sonder enige moeilikheidmakers of besope vakansiegangers. Dit is daarom ideaal vir gesinne."
"Die omgewing is baie stil, rustig en baie skoon en netjies! Ek dink te veel toeriste gaan die plek se skoonheid skend!"