Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4812 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Kiara Lodge"Het ons maar net geweet dat Clarence so pragtig is met soveel plekkies om te sien, dinge te doen en proe het ons langer gebly."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Linwood Guest Farm"Clarens is sprokiesmooi met die mooiste berge in elke rigting. Dis 'n lieflike dorpie vir natuurliefhebbers, kunstiges en enigiemand wat 'n rustige blaaskans nodig het."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Courtyard Guest House"Ons gaan altyd terug, en geniet die dorpie baie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Cottage Pie"Dit is altyd lekker om Clarens te besoek en rustig deur die verskeidenheid winkels te beweeg en die etes by die restaurante te nuttig. Ons het ook lekker by die brouery gekuier. Dit is ook lekker om deur die natuur te beweeg (stap) en dit ten volle te sien. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Linwood Guest Farm"Jammer dat daar nie 'n gewone supermark is nie (Spar of Pick n Pay), voorrade is baie duur, restourante ook! "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Ons is gaande oor Clarens. Perfek vir daai wegbreek van die huis sonder om ure op die pad te spandeer."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Larola Terraces"Clarens is 'n pragtige dorpie met baie meer om te bied as wat dit lyk. Dié klein dorpie spog met talle kunsgalerye, winkels en restaurante uit die boonste klas. Die plekkies wat ons die meeste geniet het was die Clarens Brewery en Friends Restaurant and Pub. Die brouery bied gratis bier-en ginproesessies aan en die personeel is baie vriendelik. Die kroeg bedien kos wat waarde vir geld is en dit is smaaklik. Clarens gons behoorlik met mense van regoor die wêreld, nie net Suid-Afrika nie, en dit is lekker om deur die Golden Gate te ry vir pragtige uitkykpunte van die nasionale park! Behalwe vir die weer wat in die aande nie saamgespeel het nie, sou ons Clarens 10 uit 10 gee!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooiland"Ek het Clarens seker al 16 keer besoek, dit bly maar net 'n onvergeetlike bestemming. Dis 'n plekkie baie na aan my hart. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Bergwoning Accommodation"Clarens is pragtig. Die winkels is baie uniek, die pryse van die items (leer produkte) wat ons gekoop het is goedkoop. Kos is verkrygbaar in 'n groot verskeidenheid teen goeie pryse."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Dit is 'n romantiese dorpie in die natuurskoon."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Oak Leaves Cottage"Veels te besig oor naweke maar perfek geleë om al die omliggende gebiede maklik te besoek. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Royal Coachman Lodge"Been there before and will keep on going back!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Old Mill Drift Guest Farm"Die moeite werd, 'n wegkomkans uit die gejaagde lewe, voel soos 'n ander wêreld."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Red Mountain House"Baie unieke dorp met die mooiste natuurskoon."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Fantastiese dorpie; skoon en netjies; vriendelike mense; baie te doen; kan `n week daar bly; sal weer teruggaan!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Habitat"Clarens is baie mooi, rustig, veilig en bied kwaliteit en waarde vir besoekers enige tyd van die jaar."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lola's Luxury Self-Catering Accommodation"Nog altyd verlief op Clarens, weereens glad nie teleurgestel nie, dit raak net beter!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Hannic's Retreat"Die motorfietsbendes moet verkieslik die dorp verbied word, hulle is van hanekraai af al raserig! Alles is bekostigbaar en die eetplekkies is heerlik. ‘n Heerlike plekkie vir ‘n naweek!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Attic & Below"Baie oulike plekkie. Spreek tot die hart van mense."