Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4812 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Linwood Guest Farm"Clarens sal altyd 'n besonderse plek in my hart hê - veral nou dat ek daar getrou het!"
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Pumula Guest Farm"Klein dorpie, lekker eet- en ontbytplekkie, Die Kombuis. Pragtige ligging."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Clarens het ongelooflike fantastiese vriendelike mense wat nie deur Coronavirus ondergekry is nie. Elke winkeltjie is 'n belewenis en oral word jy vriendelik ontvang. Die restaurante het elkeen besonderse disse. Ek sal beslis Clementines en Post House Restaurante aanbeveel."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fouriesburg Country Inn"Lekker sentraal geleë, stil en rustige dorpie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Larola Terraces"Pragtige dorpie. Skoon en lekker om daar te kuier."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Clarens is so 'n rustige dorpie en alles is loopafstand. Daar is baie om te sien en die omgewing buite Clarens te verken, jy sal nooit verveeld wees nie. Dit is die beste plek om van daaglikse stres ontslae te raak."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rustica Accommodation"Gaan gerus na Windmill Pub & Grill toe."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Uitzicht Private Game Reserve and Lodge"Goeie toerismebestemming net jammer die provinsiale paaie na en van die plek is in ‘n haglike toestand. Om in die nag te reis is lewens gevaarlik."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Gypsy Wagons"Dit was ons eerste keer in Clarens, ons het gekyk na huispryse op tweede dag. Ons sal vir seker gereeld teruggaan, en almal aanraai om Clarens te besoek. Dalk eendag kan ons ons eie huisie daar koop!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Honeysuckle Clarens"Die omgewing en natuurskoon is asemrowend. Die dorpie sukkel na die Covid-19-pandemie, dit gaan oral oor die geval wees."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Views"Clarens is pragtig. Dit is ons tweede besoek. Al hoekom ek nie 5 sterre gee nie is omdat die winkeltjies se pryse vir my duur is. Dit is nie duur om te bly en om te eet nie, maar om general inkopies by die winkeltjies te doen is duur."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
God's Gift Self-catering Cottage"Mense verskil. Vir my persoonlik het Clarens baie verander vandat ek daar was paar jaar gelede. Ek sal nie weer teruggaan nie. Die winkeltjies is te dieselfde met een of twee verrassings. Alles te stereotiep. Net ons beskeie mening."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Villa 176 @ Clarens"Clarens is 'n mooi dorpie en daar is lekker eetplekke en interessante winkels. Soos mooi skilderywinkels. Staproetes gedoen en mooi gemerk. Baie in die omgewing soos Golden Gate. "
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Emden Bass"Ons was nie in Fouriesburg self nie. Omgewing is baie mooi!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mont Rouge"Clarens is die lekkerste wegbreekplek om na toe te gaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Mountain Sage Self-catering"Sien julle binnekort weer, ons kan maar net nie wegbly nie!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Clarens is 'n lieflike wegbreek, met klomp "hidden gems" orals, as jy net mooi soek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooiberg View Clarens"Clarens is beslis prentjiemooi. Die dorpie is stil en daar is meer as genoeg eetplekke vir lekke kuiers. Golden Gate is so 20 km weg en is 'n moet om te gaan besoek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Daar is net te veel om oor te gesels. Gaan net. Jy sal nie spyt wees nie."
Rosendal, Oos-Vrystaatse Hooglande
Die Studio Cottage"Rosendal is die perfekte dorp vir jou as jy net weg wil kom van al die stadsgeraas sodat jy 'n slag weer kan asemhaal."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lesoba Guest Farm"Fouriesburg is baie klein, maar met alles wat ek glo jy kan nodig kry. Blykbaar is baie plekkies net naweke oop."