Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1076 resensies.
"Interesting, friendly, beautiful historical buildings & lots to do in the area."
"Baie interessante plekkies in en om Oudtshoorn om te besoek en die mense is altyd vriendelik!"
"Vol geskiedkundige geboue, maar ongelukkig ook 'n onbevoegde munisipaliteit met al die slaggate."
"As jy in Oudtshoorn is, maak seker dat jy by Smith Winkel Farm Village Oudtshoorn gaan eet, biltong en groen by pizza is 'n moet."
"KKNK is tops! Het by Karoo Pot restaurant geëet meeste van die tyd, kos is uit die boonste rakke en pryse is bekostigbaar. Personeel vriendelik."
"Ek is bly die KKNK is weer 'n goeie finansiële inspuiting vir die dorpie sodat die infrastruktuur onderhou kan word."
"Dwelmmisbruik is 'n groot probleem, maar tydens ons besoek was die polisie baie paraat en sigbaar."
"'n Pragtige, gasvrye Karoodorp wat sy bes doen onder moeilike, politieke druk. Verskeie besienswaardighede in omgewing."
"Oudtshoorn se mense is lekker mense. Daar was so baie om te sien, doen en leer van die Kangogrotte, volstruisplaas en die Cango Wildlife Ranch. Ons het eintlik gegaan net vir die KKNK, maar Oudtshoorn self het ons ingesluk. Baie dankie vir 'n heerlike kuier."
"Baie verskillende lekker restaurante wat volstruisvleis heerlik kan gaarmaak en voorsit."