Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1685 resensies.
"Het voorheen gebly op Oudtshoorn, maar het geniet geniet om weer al die geskiedkundige ou geboue te sien na al die jare wat ek weg was. Die mense van die dorp is baie vriendelik. Iets wat mens nogals mis in Gauteng."
"Karuza wyne maak vroeg toe, veral oor naweke. Hou dit ingedagte as julle dit wil besoek."
"Highgate is awesome, ry die volstruise. Die Cango Wildlife Reserve is ook goeie waarde vir geld."
"Fantasties mooi plek met die meeste sterre in die Hemelruim wat ons nie in Gauteng sien nie."
"'n besoek aan Oudtshoorn is beslis die moeite werd en 'n goeie toeriste attraksie."
"Ons ervaar Oudtshoorn as 'n vriendelike en gasvrye dorp. Oral waar ons gekom het, was die mense vriendelik."
"Baie om te doen deur die nag, maar na 17:00 niks. So kies 'n ordentlike gastehuis of hotel."
"DIe akkomodasie tariewe in Oudtshoorn is billik, maar die toerisme besoekpunte en memorabilia is buitesporig duur vir plaaslike toeriste."
"Akkommodasie tariewe vir plaaslike toerisme is billik, maar memorabilia is buitesporig duur vir plaaslike toerisme."
"Oudtshoorn is een van ons gunstelling vakansiebestemmings in SA. Ons kan aan enigeiemand aanbeveel om die volgende plekke te besoek: Mount Noah Lodge, The Black Swan Restaurant & Wine Bar, Nostalgie (beste Volstruis Burgers in die dorp) asook Safari Ostrich Farm. "
"Die mense hier is plat op die aarde, goeie, vriendelike, meestal Afrikaanse mense. Jy gaan Pick 'n Pay toe en daar kry jy 'n vreemdeling in die ry en julle begin gesels soos ou vriende. "
"Heerlike Volstruis Sosaties en lekker restaurante! Mal oor Oudtshoorn en natuurlik 'n Mecca vir enige MTB liefhebber. "
"Baie mooi en skoon dorp. Vriendelike mense en baie besienswaardighede. Baie om te doen in die dorp en omliggende omgewing."
"Oudtshoorn is natuurlik 'n juweel in Suid Afrika. Alhoewel in die Klein Karoo geleë, bied dit sy eie bekoorlikhede. So baie rondom Oudtshoorn te doen, Kango grotte, Volstruisplase, Swartberg pas, Prins Albert, Calitzdorp se wyn ens, ens. O ja, en dan natuurlik die KKNK!"
"A superb museum in Oudtshoorn, allied to proximity to attractions such as the Swartberg Pass, Cango Caves, Meiringspoort and the quaint village of Prince Albert ensure that there is something for everyone in the area. And for those wanting a break from frenetic big-city traffic, the wide and pleasant streets make a refreshing change."
"Pragtige ouwêreldse dorp met wonderlike restaurante en winkels. Silwerskoon strate en vriendelike mense. Sal beslis weer kom kuier!"