Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1685 resensies.
"Daar is so baie om te sien en te beleef in Oudtshoorn dat jy definitief meer as 2 nagte moet oorbly."
"Sal graag langer in Oudtshoorn vertoef, want weet hoeveel dit bied. Ongelukkkig hierdie keer net op deurreis daar oornag."
"Ons kom van Knysna en woon jaarliks die KKNK en Karoo Klassique by. Die klasieke musiek en hoë standaard kunsuitstallings, kultuur, die argitektuur, oop skoon lug, sterre en die mense is wat ons elke keer terug laat kom."
"Ons het Oudtshoorn as dorp geniet en veral die oulike eetplekke en winkels geniet."
"Goeie restaurante en besighede. Vriendelike plattelandse dorpie met heelwat om te doen. Ons sal definitief dit aanbeveel!"
"Puik oorweeg om hierna toe te verhuis, dit was deel van ons besoek het na paar wonings gaan kyk saam met agente."
"Oudtshoorn bied baie vir die besoeker, baie besienswaardighede binne bereik."
"Vir 'n natuurliefhebber is daar soveel om te doen - ons was by die Rus en Vrede-waterval, die Meiringspoortwaterval, die Raubenheimerdam, Swartbergpas, die Cango Wildlife ranch, De Rust en die beste van alles, die Magical Red hills van die omgewing. "
"Dis 'n baie mooi area, sal weer binnekort besoek."
"Alhoewel Oudtshoorn maar 'n stewige rit uit die Kaap is, is ek nooit jammer dat ek so ver gereis het teen die einde van my besoek nie. Met die Kango Grotte wat altyd 'n nuwe ervaring is (maak nie saak hoeveel keer mens al daar was nie), die verskeie wildreservate, interessante winkels, koffiewinkels en restaurante bied Oudtshoorn meer aktiwiteite as wat mens kan inpas in selfs 'n twee weke besoek."
"Oudsthoorn is alombekend as die Karoo kuierdorp, dit getuig van al hul gaste huise, B&B's en eetplekke wat daar is."
"Kango Grotte was wonderlik en die mense in die area is baie vriendelik. Dit was werklik 'n hoogtepunt. "
"Wat 'n pragtige dorp en omgewing. Ons het nie 'n kwart gedoen wat gedoen kan word nie. Sal moet terugkom. Voorwaar 'n toerismeparadys!!"
"Ons ken Oudtshoorn baie goed. Het al baie daar gekuier omdat ons vriende het van oor die 40 jaar. Het dus nie die toeristeaantrekking plekke besoek nie."
"Oudtshoorn steel 'n mens se hart voor jy weet. Die mense is vreeslik hulpvaardig en vriendelik. Daar is oneindig baie besienswaardighede om jouself mee besig te hou. En dis ongelooflik veilig!"