Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2438 resensies.
"Kaapsehoop is 'n baie interessante, veilige, oudwêreldse dorpie met die beroemde wildeperde wat in die dorp en omgewing rondloop. Daar is heelwat voëls en bekwame voelgidse, asook voldoende eetplekkies."
"Pragtige kleindorpie, natuurskoon, rustigheid en die perde wat daar rondloop is besonders. Vir seker die moeite werd om daar te gaan bly en verras te word."
"Dit is 'n oulike, geskiedkundige dorpie met baie interessante huisies. Dit is die moeite werd om dit te besoek as jy rustigheid verlang. Daar is lieflike, goed aangeduide staproetes in die omgewing."
"Die hoofstrate na baie van die watervalle en besienswaardighede is verskriklik sleg. Daar is diep slaggate oral."
"Daar is nie veel by Kaapsehoop te doen nie, behalwe om te ry Barberton, Witrivier of Nelspruit toe. Rustig vir persone wat net wil rus."
"Die paaie is so vol slaggate dat mens eerder moet loop as ry. Tog is dit 'n interessante dorp en die uitsig oor die laeveld is baie mooi."
"Dis 'n sjarmante dorpie met huise wat dateer uit ’n ander era. Dit kan belangrik wees vir natuurliefhebbers om die weer dop te hou. Dis hooggeleë en as die dorpie bedek is met mis of dit reën aanmekaar, is die pragtige natuurverskynsels nie sigbaar nie."