Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Panorama Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2438 resensies.

White River Country Estate, Panoramaroete

Bayhill Drive Lodge

"Dit is baie goed versorg en die veiligheid laat jou gemaklik voel, en die natuurskoon is fantasties."

Sabie, Panoramaroete

Sabie Retreats Guest House

"Ons was net geskok oor die fasiliteite by baie van die besoek hoogtepunte waar jy moet betaal vir toegang, maar dan is die toiletgeriewe by sommige plekke in haglike toestande. Rommel is ook oral te sien, veral by God's Window. Dit maak 'n mens se hart nogal seer dat ons mense die natuur so uitmoor. Daar moet 'n reël wees dat geen bottels, papier of houers toegelaat word by die ingang waar jy die eerste trap opgaan na die Rain Forest en God's Window."

Sabie, Panoramaroete

Bananien Lodge

"Was lekker om weer in my tuisdorp rond te ry en kyk. Sabie is nog steeds 'n mooi dorpie."

Graskop, Panoramaroete

Blue Swallow Chalets

"It is a tranquil town, the perfect holiday destination."

West Acres, Panoramaroete

Sheba Rock Guesthouse

"Rustige buurt. Veilige gevoel. Naby alle geriewe."

Graskop, Panoramaroete

Mogodi Lodge

"Daar gebeur nie veel in Graskop nie, maar dit is die beste plek om te bly om die omliggende natuur te sien."

Sabie, Panoramaroete

Sabie Star Chalets

"Baie lekker gebly en die ligging is uitstekend."

Sabie, Panoramaroete

Kusha

"The heart of Mpumalanga. "

Sabie, Panoramaroete

Floreat Riverside Lodge

"It's a beautiful small town, the people are friendly."

Graskop, Panoramaroete

Mogodi Lodge

"Met so 'n pragtige deel van ons land, dink ek meer kan gedoen word vir toerisme met betrekking tot skoner badkamers en diens in restaurante, veral in Graskop self. "

Graskop, Panoramaroete

Wild Forest Inn

"Altyd 'n wenner om net weer in aanraking te kom met die natuur."

Sabie, Panoramaroete

Merry Pebbles Resort

"Baie voëls. Sal beter wees wanneer die trekvoëls inkom."

Graskop, Panoramaroete

Wild Forest Inn

"Baie sentraal. Sal weer in Graskop kom bly as ons weer 'n vakansie beplan."

Graskop, Panoramaroete

Mogodi Lodge

"Love the town and its vibe."

Graskop, Panoramaroete

Mogodi Lodge

"I loved the place, would come back again."

Graskop, Panoramaroete

Mogodi Lodge

"Kruideniersplekke maak baie vroeg toe. Winkeltjies en eetplekke goed. "

Sabie, Panoramaroete

BietjieSlaap

"Die geraas in die aand oor naweke is kommerwekkend. Die drank misbruik in die publiek oor naweke en partytjies in parkeerplekke is of van te skrik. Die polisie sal meer die tipe van element moet verwyder of beboet. Die Spar in Sabie was 'n baie groot bekommernis. Hulle het absoluut amper geen voorraad nie. Ons moes Graskop toe ry vir dit wat ons wou hê. In die parkeerarea het mense gedrink in die publiek en hulle motors se toere opgejaag en gedans, die polisie was nêrens te sien nie. Die Maandagoggend, 3 September, wat ons moes vertrek, was daar 'n optog in die hoofstraat naby die Engen-vulstasie. Ek verstaan elke dorp het onstoke inwoners, maar Sabie is 'n pragtige natuurwêreld waar 'n mens rus en vrede soek weg van die stad se lawaai. Dit was amper erger as in Johannesburg waar ons vandaan kom. Ek verwag van 'n dorp soos Sabie of 'n webtuiste om jou ten minste te waarsku van dié soort element sodat jy nie 'n verrassing kry as jy al klaar daar is nie."

Graskop, Panoramaroete

Mogodi Lodge

"Binne dorp kan opgeknap word."

West Acres, Panoramaroete

Otter's Nest

"Het al voorheen in die area oornag en moet sê mens voel veilig en die mense is almal baie vriendelik."

West Acres, Panoramaroete

Magisha Guest House

"Die omgewing is nie baie goed nie."

Graskop, Panoramaroete

Blyde Chalets

"Baie rustig en baie om te sien."

Graskop, Panoramaroete

Blue Swallow Chalets

"Pragtig en uitsonderlik."

Kaapsehoop, Panoramaroete

Kattekwaad Accommodation

"Meer verskeidenheid van eetplekke sal gunstig wees."

Sabie, Panoramaroete

Kusha

"Baie lief vir Sabie, baie om te sien en te doen. Paaie het slaggate en Sabie lyk verwaarloos. Is egter steeds juweel van die Laeveld, dit is maklik om die klein goedjies mis te kyk en te fokus op die omgewing en natuurskoon. Moeite werd om te besoek."

Sabie, Panoramaroete

River's Edge in Sabie

"We went to the waterfalls, which were beautiful, especially Lone Creek Falls. We ate out at The Woodsman which we thoroughly enjoyed."

Sabie, Panoramaroete

Gunyatoo Trout Farm and Lodge

"Love Sabie-area. Lots to see on the Panorama Routes, stunning places and a must see if never seen before!"

Blad
Blad 52 - Wys 1531 tot 1560
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang