Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2438 resensies.
"Die dorpie benodig 'n bekende supermark soos Spar of groot Kafee. Nelspruit te ver vir proviante."
"Ons het die Kaapsehoop se 2 dae staproete gedoen. Die Barrets coaches en die braai-area was baie vuil. Dis jammer dit word nie na gekyk nie. Die Kaapse hoop staphut was ook vuil. Die matrasse is gaar. Daar is 'n tekort aan goeie toesig om die plekke netjies te hou. Lyk of iemand nie omgee nie. "
"Sabie is pragtig. Die dorpie is mooi skoon en netjies, en mens kan sien die inwoners neem trots in hul dorp. Dit is perfek geleë om besienwaardighede in die area te sien. Ons sal vir seker weer soontoe gaan!"
"Ons het Kingsview as 'n lekker stil omgewing ervaar en natuurlik maklike toegang na die pad tot Caster Bridge en ander winkels."
"Meeste restaurante slegs oop vir ontbyt en aandete. Hotel geen middagete. Sou nogal goed geld gemaak het as hulle middagete aangebied het. Daar was die naweek baie toeriste en mense wat deurgekom het vir die Vrydag, Saterdag en Sondag wat ons nog daar was. Baie het middagete gesoek wat moeilik bekombaar was. Die "Plaaskombuis" by die hotel het te min personeel gehad wat nie die toevloei van mense kon hanteer nie en baie mense het geloop nadat hulle lank gesit en wag het vir iemand om hulle bestelling te neem. Ons ook."
"Dis 'n pragtige dorp en baie sentraal geleë in terme van besienswaardighede. Dis net vreemd dat die Inligtingsburo sluit op vakansiedae en naweke, wanneer toeriste die dorp besoek."
"Only if they could improve on transport services. Other than that, Graskop is very peaceful."
"Sabie 'n pragtige dorp, maar, o wee, die paaie in 'n uiters swak toestand. Dringende aandag moet aan paaie gegee word, verhoed dat Sabie vervalle raak asb. "
"They should have transport for the people who don't have transport, maybe from Nelspruit."
"Het oulike restaurante op pad gesien in 'n kleinerige winkelsentrum, asook 'n Mediclinic, petrolstasies, kitsbanke en dies meer."
"Skoon rustige plekkie. Dis glad nie soos die stories wat buite rondloop nie, ons was daar en alles in en rondom Sabie bestaan en is nog soos die ou dae, behalwe dat jy orals moet betaal om in te gaan, maar dis te verstaande. Ons het die lieflikste opwindendste besige naweek gehad. Ongelooflik geniet."