Geverifieerde Resensie
Parow
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parow bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 81 resensies.
"Nie werklik 'n toeriste-area nie, maar naby genoeg. Alle mediese praktyke is binne stapafstand, sowel as 'n kruideniersware winkelgroep. Panorama Mediclinic is letterlik 300 m ver."
"A clean safe neighborhood with good medical facilities and convenient shopping centres."
"Dit is baie sentraal van verskeie besienswaardighede. Parow is baie netjies en skoon en die paaie is in 'n puik toestand."
"Pragtige, skoon woonbuurt waar daar 'n groot hospital en baie goeie dokters is."
"Good location, close to shopping malls, highway and most importantly, the wine farms."
"Sentraal geleë tussen gewilde inkopiesentrums. Naby Artscape waar ons wou wees."
"Dit is pragtige woonbuurt met 'n mooi speelpark waarheen ons die kleinkinders kon neem. Hulle het dit baie geniet. Dis so veilig dat jy heerlik om die blok kan gaan stap. Boomryk en stil. Die vliegtuie wat oorvlieg was vir ons baie mooi. Die snelweg se verkeer het ons nie gepla nie. Ons het dit baie geniet."
"Ons het Parow lekker sentraal gevind om na die Waterfront, Tafelberg, Botaniese Tuine, Kaappunt, Robbeneiland, Houtbaai, die wynplase en nog baie ander plekke te besoek. Dit is ook naby die N1."
"Het reeds my vriende en familie in Victoria-Wes aanbeveel om daar te bly sou hulle Kaap toe gaan!"