Geverifieerde Resensie
Pearly Beach
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pearly Beach bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 232 resensies.
"Baie mooi strandjie, ideaal as jy rustigheid wil hê en gaan ontspan vir 'n naweek."
"Pearly Beach is naby aan Gansbaai, Kleinbaai, De Kelder ensomeer. Dit was ideaal om in Pearly Beach te oornag en vir familie en vriende in Gansbaai en omgewing te gaan kuier."
"Slaapdorp. Pragtige strande indien jy by bamboesopdrifsels verbykyk. Alle aankope in Gansbaai verkrygbaar (20 minute)."
"Seker lekker in die somer, maar is maar mislik in die winter. Die strand en see lyk nie baie veilig vir swem nie. Ek het juis daarna gaan kyk as 'n moontlike aftreeplek, maar nie 'n lekker gevoel gekry nie."
"Dit is nog lekker ongerep. Die mense is vriendelik en dis naby 'n paar gewilde dorpies en plekkies om te ontdek. Gebruik dit as jou basis en verken die hele area. Lekker lang, skoon strande vir 'n heerlike stap wat oud en jonk sal pas."
"Perfect to totally relax and unwind. Lovely, unspoiled beaches. If you're looking for loads of activities to fill your every moment, Pearly Beach is not for you."
"Was buite seisoen daar en baie stil. Sal aanbeveel aan mense wat rustigheid en natuurskoon soek."
"As jy hou van 'n ouwêreldse kuier dan kom jy hiernatoe. Ongerepte natuur, naby aan alles anders ook."
"Die uiterste vriendelikheid van bure en sekuriteit by hek. Ook by die winkel in die kompleks waar ons aankope gedoen het."
"Pearly Beach is 'n ongelooflike, klein dorpie om weg te breek van die stad se gedruis."
"Pragtige stil dorpie sonder die geroesemoes van die groter dorpe. Sal baie graag weer daar wil kom ontspan en nie net een aand bly nie."
"If getting away from it all is what you want then Pearly Beach is the place to be. Lovely area for walks, fishing, lazing on the beach and beach walks. Just beautiful."
"Ons besoek was gefokus om familie te besoek, maar die area het van die mooiste turkooisseewaters. Hoofsaaklik visvang-georiënteerd dus is toerisme nog grootliks onontgin wat salig is. Winkels is beperk. Baie mooi klein dorpies ook in omgewing. Ons sal weer kom - heel moontlik vir visvang."