Geverifieerde Resensie
Phalaborwa
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Phalaborwa bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 287 resensies.
"The biggest bonus is that you can enter Kruger National Park from just outside Phalaborwa."
"Baie oulike restaurante, gerieflike winkelsentrums en baie naby aan die Krugerwildtuin se hek. Die dorp op sigself dink ek nie is 'n toeriste dorp nie, maar wel wanneer dit kom by dagbesoekers aan die wildtuin."
"Phalaborwa is baie naby die Kruger Park en baie vriendelike en rustige dorpie vir 'n bos wegbreek."
"Ons het laat die aand daar aangekom, en is vroegoggend weer weg, het nie veel van Phalaborwa te siene gekry nie. Die mense by die vulstasie was egter baie vriendelik. "
"Die dorp is besig om vervalle te raak. Dit lyk nie vir my of daar enige onderhoud meer gedoen word nie."
"Phalaborwa is a great little place to visit if travelling to and from the Kruger National Park."
"Ek dink dat Phalaborwa nie genoeg bemark word as toeristebesteming nie. Mense weet van die myne daar, maar daar word nêrens vermeld dat daar 'n uitkykpunt is waarna jy kan ry om na die grootste en diepste oopgroefmyn te gaan kyk nie. Almal weet daar is 'n hek vir die Kruger Nasionale Park. Niemand bemark regtig dat Amarula Cream sy fabriek op Phalaborwa het nie en dat hulle binne seisoen werk aan 60 000 mense verskaf nie. Daar is ook 'n Woolworths, en Phalaborwa word ook omring deur wildsplase."
"Baie warm, maar was so so lekker plek en restaurante was goed, alles te vinde. "
"Dit is baie warm, maar die bosveld wat orals is wanneer mens rond ry was baie anders as wat die kinders aan gewond is en almal het dit geniet."
"Die dorp self is bietjie verwaarloos en mens probeer dit maar vermy deur liewers by die Spar inkopies te doen. Daar is baie rondlopers wat enkellopendes en ouer persone twee keer sal laat dink om veral saans die area te voet te leer ken."
"Deurmekaar dorp vir my as eerste besoeker. Te min informasie en rigtingaanwysers."
"Gholovan pub n grill is amazing. Die melkskommels daar is iets besonders en ons het twee keer in een dag sommer daar gaan eet. Die dorp self is skoon, die paaie is nie 100% nie maar jy moet maar net wakker wees en kyk waar jy ry. Amarula lapa is net om die draai! Ons sal Phalaborwa weer sien!"
"Dis dig by die Kruger Wildtuin en die ideale plek om te oornag wanneer jy ingaan of uitkom."
"Die paaie is fantasties! Die ligging van die gastehuis is loopafstand van die Spar en naby aan al die aantreklikhede."
"Ek weet nie veel van Phalaborwa nie. Dit was net 'n oornagbestemming om vroeg in die wildtuin in te gaan."
"Phalaborwa slegs voordelig vir my omdat dit naby die wildtuin is. Ons besoek was te kort om 'n redelike opinie te kan gee. Dorp is tans droog met paaie vol slaggate."