Geverifieerde Resensie
Piesang Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Piesang Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 24 resensies.
"Al wat ek kan sê is dis 'n asemrowende gebied en ek sal enige tyd weer daar gaan vakansie hou. "
"Die berg aan die agterkant en rivier het 'n lekker rustige atmosfeer. Naby als geleë en 'n mooi gedeelte van Plett."
"Ons is gereelde besoekers daar. Baie sentraal en hoofroete vinnig bereikbaar, sonder om deur die erge verkeer te gaan. Naby die gholfbaan en hoofstrand."
"Mooi area. Nie juis tyd gehad om rond te ry nie, behalwe Birds of Eden. Beslis 'n moet wanneer in daardie omgewing. Plettenbergbaai net baie besig - Desember seker 'n nagmerrie."
"Sentraal en goed geleë. Aan al ons aktiwiteite (swem, gholf, kano en fietsry) voldoen. Sal beslis weer kom."
"Piesangvallei is so naby Robberg 5, Solar Beach en Robberg Beach. Die Kwikspar, apteek en drankwinkel is ook baie goed geleë en 'n mens hoef nie in spitsverkeer dorp toe te ry nie. Die strand is heerlik, lank en stapafstand."
"Dit was uitstekende verblyf en ek dink die adverteerders "onderadverteer" die bestemming. Sal beslis teruggaan."
"Die natuurskoon is baie opvallend selfs in die beboude gebiede. Dit is een van SA se mooiste dele. Piesangvallei is veral baie rustig en stil."
"Mooi en baie sentraal. See pragtig en verblyf is naby verskeie besienswaardighede."