Geverifieerde Resensie
Port Edward
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Edward bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 364 resensies.
"Die dorp self is nie regtig vir ons nie en daar is nie veel om te doen nie, maar daar is darem baie plekkies rondom dit."
"Palm Beach self is ook fantasties en ons was gereeld alleen op die strand. Al was dit langnaweek. Dit is naby aan alles anders, maar mens voel nog steeds weg van al die ander besige plekke. Die mense is ook baie vriendelik."
"Fantastiese strand vir kids om in klein branders te speel en vir vissies tussen die rotse te soek. Ook heelwat skulpies wat opgetel kan word."
"As jy op die N2 by Port Edward aankom lyk dit maar besig en vuil by daardie winkelsentrum, maar sodra jy inry is dit 'n heerlike dorpie en als was netjies en skoon."
"Dis stunning. Daar's 'n lekker rotsswembad, wat dit lekker maak vir die kinders om in te swem en speel."
"Leisure Baai is 'n pragtige plek vir natuurliefhebbers. Dit voel ongerep en pragtig tropies bebos. Alhoewel daar nie winkels en restaurante in Leisure Baai self is nie, is daar baie om te sien en doen in die nabye omgewing. Gaan kry gerus 'n toeriste tydskrif vir die omgewing om seker te maak julle mis niks nie."
"Skoon, netjiese strand veilig met strand polisie Kort dalk net meer geriewe soos bankies."
"Was beslis die moeite werd. Als is netjies skoon met sekuriteit op die strande. Mens voel veilig en voel of jy in paradys is. Oulike en gerieflike aktiwiteite vir groot en klein. En dit is nie ver uit mekaar nie. Die strande is skoon met pragtige skulpies en maklik bereikbaar. Mens kan jouself weer vind. Gaan beslis weer volgende jaar!!"
"Accessibility to beaches by car is excellent. Great and affordable meals at Dolphins, Glenmore Sands and Estuary Hotel (Sunday buffet)."
"Voel veilig met die sekuriteit by die strand, die wandelpad op die strand is gerieflik met sitplek oral, agv die rommel dromme is die strand skoon."