Verified Reviews
Port Nolloth
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Port Nolloth
Rated 4 out of 5 based on 228 reviews.
"Ideale weersomstandighede veral vir fotograwe en die veiligste plek wat ek al besoek het."
"Hierdie is 'n klein strand dorpie, met een of twee lekker klein restaurante. As jy lief is vir die see en wil net lekker rus, en stap op die strande, dis die plek vir jou."
"Ons is mal oor die Weskus, maar was teleurgesteld in die toestand van die strand met sy rommel. Daar was dooie robbe (wat nie ongehoort is nie), maar dit is nie verwyder nie. Ek kla nie omdat ek 'n slegte ondervinding gehad nie of omdat ek nie my sin gekry het nie, maar ek voel dat daar meer gedoen word om toerisme in hier pragtige klein weskus dorpies te bevorder. Daar kan nie staatgemaak word op munisipaliteite nie, want hulle is deel van die probleem."
"This unique and historically important town has always been a little bit rough around the edges, and that's part of its charm. But the parlous state of the litter strewn streets, and dumping of rubbish bags on the dunes of the main beach, made us feel that both its residents and municipality don't care much for the image of this once well looked after town."
"Ek wil amper nie te veel sê nie, netnou kom almal volgende keer Port Nolloth toe, maar die dorpie is stil en die see is lekker, net die regte resep om te kan ontspan na 'n lang jaar."
"Anyone looking for a proper getaway from city life will love MacDougall's bay in Port Nolloth."
"Port Nolloth is maar 'n gewone klein, stil kusdorpie. Lekker om bietjie te rus en familie- of gesinstyd te geniet. Solank die verblyf goed is, sal veral persone van die stede die rustigheid geniet."
"’n Lieflike Weskus-dorpie met vriendelike mense en genoeg winkels vir alles wat benodig. Pasop vir diewe wat goed steel wat buite staan, veral saans. Sluit alles toe."
"I would not return to this area as I expected more to do and there is very little available."
"Port Nolloth is 'n baie mooi en skoon plek, net jammer daar is nie n keuse van restaurante of eetplekke wat lekker vis aan bied nie, maar andersins is dit 'n wonderlike plek."