Verified Reviews
Port Nolloth
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Port Nolloth
Rated 4 out of 5 based on 228 reviews.
"Dink dis ’n plek met baie potensiaal wat nie besef word nie. Maar dink dit dra by tot die karakter van die plek. Ons het dit baie geniet en sal weer daar gaan kuier. Dis waarlik ’n wegbreek van die gejaag."
"We realise it was out of season and thus unfortunately the beaches were not cleaned. Large amounts of rotting seaweed detracted from the otherwise beautiful beaches."
"Daar is baie min om te doen in die dorp. Ons kon geen vars vis te koop kry nie en al die restaurante was toe. Dis baie ver om te reis en ons het bietjie meer verwag maar die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Vir ’n paar nagte is dit ideaal."
"Lekkerste Gatsby geëet. Heerlikste pizza gekoop langs die strand. Munisipaliteit kan net leer om die strande meer gereeld skoon te maak. Dit was regtig baie baie vuil."
"We were pleasantly surprised with Port Nolloth as a travel destination in general. The scenery on offer is fantastic, the town is unfortunately a bit run down with potholled roads. Clearly the local council is not doing their job."
"Enige ontspanningsgeriewe of uitstappies wat veilig is vir enkellopende dames."
"Nie regtig enige aktiwiteite en restaurante nie, min en duur vir wat mens kry. Nie in my opinie regtig vir jonger vakansiegangers of toeriste nie, maar die moeite werd om een keer te besoek."
"Die nodige winkels is geleë in Port Nolloth, en vakansie-akkommodasie geleë in McDougallsbaai. Die strande is maar vol seeplante wat uitspoel, definitief nie 'n plek vir visvang nie - die seewater is te koud. Daar is gereelde mis wat skielik verskyn en weer verdwyn. Loop maar met plakkies op die strand, daar is orals stukkende glas tussen rotse en op die strand/duine. Mens kry die gevoel die locals raak dronk en slaan die drankbottels stukkend op die strand. Buurdorpe soos Kleinzee en Alexanderbaai was 'n groot teleurstelling, veral as jy 'n middagete daar wil kry, daar is ook nie veel winkels nie. Die strand is stil en daar is nie 'n toeloop van mense nie. Ondersteun gerus die local visplek Port Fisheries - beste waarde vir geld en heerlike vis en chips."
"Rustige dorpie maar as jy bereid is om afstand te ry kan jy baie interessante plekkies sien."
"Good environment. Safe for children. Friendly people around. Would definitely recommend it for anyone who wants a peaceful getaway. We will visit again soon."
"I would love to holiday in Port Nolloth for longer. Sadly we did not feel that safe walking on the beach as it was a Friday night and there were groups of locals gathered around and openly drinking and smoking stuff. But Port Nolloth is a great little town. Would have loved to visit the museum but we ran out of time."
"A very reserved small town, refreshing and suitable for those who want to clear their mind from their daily busy schedule ."
"Lekker plek, met lekker mense! Port Nolloth kort net meer toeriste besienswaardighede."
"Die uitstallers ens. van die naweek was 'n wonderlike verrassing. Ons het vroeër jare die asgate besoek en allerlei ou bottels opgetel, asook baie pampoenskulpies by die, ek dink, perlemoenfabriek. Wonder of dit nog bestaan. "
"Alhoewel McDougalls teenaan Port Nolloth-dorp is, was daar vir ons definitief 'n skoner en gemakliker atmosfeer in McDougallsbaai. Ook veiliger gevoel in McDougalls."
"Port Nolloth is a baie sjarmante kusdorp met 'n groot positiewe charisma. Almal is akkommoderend en baie vriendelik. Die seekos by Nemo's is baie lekker; die strand is wonderlik. All in all baie lekker en ons is van plan om volgende jaar terug te kom tydens ons toer."
"'n Oudtydse kusdorpie wat as oorstaan plek op pad na Richtersveld en Namibië ideaal geleë is. Die koel seelug is 'n lafenis ná die dorre Noord-Kaap en kan gerus vir 'n paar dae by 'n lang reis ingesluit word. "
"Port Nolloth is 'n baie rustige Weskusdorpie met 'n pragtige strand. Perfek om weg te kom uit die stadslewe."
"Ongelooflike lekker plek, dit was lekker warm. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Ek sal vir seker weer gaan."
"Mooi omgewing en het naweek geniet, maar wees versigtig vir misdaad."