Geverifieerde Resensie
Port St Johns
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port St Johns bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.7 uit 5 gekry volgens 69 resensies.
"Vir my nog steeds die mooiste plek in die land. Net jammer mens word gepla deur die locals en dis nie meer veilig nie. Ook baie besoedel. "
"Alhoewel baie dele van die dorpie vervalle is (lack of maintenance) maak die pragtige natuurskoon van die omgewing daarvoor op alhoewel ons nie gemaklik gevoel het om (buite seisoen) bv. alleen te gaan stap nie. Ons het egter net deurgery en een nag oorgebly so kon nie enige van die besienswaardighede besoek nie. "
"Quaint little coastal town, good restaurants and nice setting for fishing and relaxing."
"We were disappointed by the amount of litter, broken glass and just general disrespect for the beaches, especially 2nd beach, that said you can still find beaches that have not been abused, they just require a drive to get to them."
"Ek het nooit onveilig gevoel nie. Plaaslike mense bedagsaam en vriendelik. En dit sluit almal in vanaf die strandwagte tot die bestuurders van Spar. Almal baie veiligheidsbewus en toegespits op die toeris. Die wildekus is nie 'n plek vir die gemiddelde strandganger nie. As jy soontoe wil gaan moet die wandelpaaie aandurf en deelneem aan ander aktiwiteite. "
"Vieslike, vuil dorpie. Dit het egter ongelooflike potensiaal as die munisipaliteit net hulle deel doen."
"Omgewing baie mooi. Net jammer van die haglike toestand van die dorp a.g.v. stakings."
"Ek geniet Port St Johns baie. Ek hou daarvan dat dit bietjie afgeleë is en amper voel of jy in 'n buurstaat van Suid Afrika is. Mense is vriendelik en rustig. Die dorp is maar verwaarloos en dit sal goed wees as daar bietjie geld inkom vir ontwikkeling. Die natuur in die omgewing is ongelooflik, die enigste nadeel is dat mens nie regtig in die see kan swem nie, en jy 'n entjie moet ry om by 'n veilige swemstrand uit te kom. Verder geniet ek dit altyd en rus lekker as ek daar bly."
"Die stad self is nie meer netjies nie, alhoewel mens alles kan koop wat jy moet. Daar is ook 'n goeie klein apteek."
"Die mooiste natuur, maar ontwikkeling het agtergebly. Strande is nie netjies nie, jy wil nie daar swem nie."
"Port St John's was 'n teleurstelling. Dit lyk asof dit dalk in die verlede 'n mooi dorpie was, maar dit is nou vervalle en vuil. Die natuur is egter nog steeds asemrowend."
"Also very friendly for little kids; nannies and special restaurant for only kids. "
"Yes, a natural beach set up away from the city, beautiful mountainous landscape, evergreen, a marvel to watch."
"Mooi dorpie aan die Wildekus. En sommer baie kans om met die plaaslike kultuur in aanraking te kom."
"Wees baie versigtig om a bootrit op die rivier by Offshore Africa te bespreek - hul besprekingsisteem is nie van die beste nie en hul kanselleer op kort kennisgewing as jy nie deel is van 'n groot groep nie. "