Geverifieerde Resensie
Pretoria East
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria East bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 293 resensies.
"Een van di mooiste plekke. Kamer is pragtig. Diens is uitstekend! Sal definitief aanbeveel!"
"Die gastehuis was geleë in 'n baie mooi omgewing. Miskien te verwyderd van die middestad vir sommige persone wat reis vir saketransaksies, maar ek het dit verkies dat ek saans stilte en rustigheid kon ervaar en kon slaap in 'n omgewing sonder hoorbare stadsgeraas."
"Bergfietsroete, Woolworths food court en Coco's restaurant baie naby. Stil, mooi woonbuurt met maklike toegang na hoofroetes. "
"Ek geniet Lynnwood. Dis skoon en die verkeer word goed beheer. Alles voel naby, winkelsentrums, restaurante en oor die algemeen blyk die mense vriendelik te wees."
"Perfekte bestemming indien jy 'n smakie van die stad of spesifiek Pretoria wil kry. Veral Menlyn Inkopiesentrum is 'n paradys!"
"Pretoria-Oos bied baie lekker, klein plekkies om te besoek en te ontspan. Die beste deel van Pretoria!"
"Ons het ongelukkig nie die tyd gehad om Silver Lakes en omgewing behoorlik te verken nie; maar 'n besoek aan die "groot wilde katte" daar naby maak van Silver Lakes 'n aantrekkings area. Dit wil ook voorkom of daar heelwat eetplekke is (sommige baie duur maar lyk tog gewild) en al die nodige fasiliteite is byderhand. "
"'n Voorstel: Met die huidige klimaat en hael wat meer voorkom maak ek net 'n aanbevelig dat daar moontlik gekyk moet word na onderdakparkering."
"Naby alles, ten opsigte van toegangsroetes, hospitale en inkopiesentrums. Pragtige omgewing."
"Ek glo daar is toekomstige potensiaal vir die omgewing. Die gholfbaan is sekerlik nou die hoogtepunt."