Verified Reviews
Prince Albert
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Prince Albert
Rated 4.7 out of 5 based on 1416 reviews.
"Wat 'n pragtige mooi en skoon dorpie. Met interessante geskiedenis en oulike winkels en 'n paar lekker eet- en koffiewinkels. Sit Prins Albert op jou moet besoeklys."
"Baie aangenaam. Lekker dorpie met oulike winkels en lekker restaurante en koffie winkels. Die naby geleë Swartberg pas is een van die mooiste plekke in SA."
"Mooiste, mooiste dorp! Ons het by Rude Chef geëet. Henriette is 'n wonderlike gasvrou en die kos was uitstekend. Die Swartbergpas was verruklik! Ons het dit werklik baie geniet. Baie, baie dankie."
"Die pragtigste plekkie met 'n verrassing om elke hoek. Mens kan beslis nie net vir een nag hier oorbly nie."
"Soos altyd bly Prins Albert 'n heerlike dorp om te besoek met sy netjiese voorkoms, lekker eetplekkies en pragtige natuurskoon."
"Karoodorpie met lekker eetplekke, besienswaardighede en Saterdag is markiedag. Om Meiringspoort en Swartbergpas te ry was asemrowend."
"Prince Albert is a place that one feel to go back to more than once. It is a wonderful experience; the town and the surroundings. Thank you for the stay."
"Prins Albert is in so 'n mooi omgewing en daar is genoeg buite die dorpie om te besoek. Interessant om deur die dorpie te stap en orals in te loer. Moenie net oorslaap nie, maar spandeer 'n dag of twee."
"Lief Prins Albert! Ons stap die dorpie plat en ontdek elke keer iets nuuts. Baie om te sien en te doen!"
"Absoluut 'n besoek werd. Lieflike omgewing. Besoek gerus O for Olive-olyfplaas en -restaurant."