Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Prince Albert

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1149 resensies.

Prins Albert

Travellers Rest

"’n Pragtige dorp met besonders vriendelike mense."

Prins Albert

Brakdakkie Guest Cottages

"'n Moet om te sien asook die Swartbergpas."

Prins Albert

Bougain Villa

"Prins Albert is 'n bekoorlike klein dorpie aan die voet van die Swartberge en dus is die omgewing pragtig, ten spyte van die droogte. Die strate is netjies en skoon en die mense vriendelik. Ek dink die Munisipaliteit moet egter aandag gee aan die lekker breë hoofstraat wat deur sommige inwoners en besoekers soms as 'n resiesbaan gebruik word - hulle steur hulle beslis nie aan die spoedbeperking nie. Spoedwalle kan dalk 'n opsie wees?"

Prins Albert

Gecko Cottages

"'n Dorpie vol geskiedenis. 'n Besoek aan die Fransie Pienaar Museum is 'n moet as jy belangstel in die geskiedenis van die omgewing. "

Prins Albert

Yellow House

"Lieflike, rustige, interessante dorpie. Almal vreeslik vriendelik. Love die plekkie!"

Prins Albert

Brakdakkie Guest Cottages

"What a beautiful little town! We will be back."

Prins Albert

Travellers Rest

"Prins Albert is 'n dorp vol geskiedenis en interessanthede. Dis besonders om die dorp van meer as 250 jaar oud te bewonder, met sy leivore, ou geboue, antieke grafte en groot bome. Heelwat restaurante om van te kies. Maak seker om ver vooruit te boek vir aandete as mens in vakansie seisoen soontoe gaan. Die hotel het 'n heerlike ontbyt plekkie en 'n Gin bar met 'n verskeidenheid plaaslike gins. Die dorp se kerk is pragtig en het sulke mooi ou huise. En as jy daar is, doen jouself n guns en ry die Swartberg pas, dit kan met 'n gewone kar gedoen word, en is regtig iets besonders om te sien. "

Prins Albert

Swartberg Hotel

"The people are very friendly."

Prins Albert

By-Die-Koppie Guesthouse

"Baie mooi dorp met 'n heerlike Hotel waar ons heerlik ge eet het."

Prins Albert

Aandrus

"Lovely town."

Prins Albert

Travellers Rest

"Fantasies! 'n Moet sien."

Prins Albert

By-Die-Koppie Guesthouse

"Vir die grootte van Prins Albert is daar so baie om te sien en te doen, Van Gay se kaas tot die beste museum in Suid Afrika."

Prins Albert

Bid Huisie

"Baie netjiese stil dorp. Het baie veilig gevoel. Selfs die polisiestasie se tuine word netjies gehou. Ek sal elke keer as ek na die Oos Kaap reis daar oorslaap. Indien jy buite seisoen na 19:00 eetplek soek vir uiteet is dit 'n probleem maar dit is verstaanbaar kan nie 'n restaurant oophou om slegs 'n paar etes te bedien nie."

Prins Albert

Yellow House

"Geen oop winkels aangetref na 13:00 op 'n Sondag nie. Baie skoon dorp."

Prins Albert

Wolvekraal Guest Farm

"Prins Albert het 'n magdom "te doen": Van die wyn- en olyfplase, tot koffiewinkels, galerye en interessante winkels. Daar is gereeld gemeenskapsaktiwiteite soos die Leesfees. Dan is daar die Swartbergpas en ander."

Prins Albert

Aloe Guest House

"Lieflike herleweing en instandhouding van 'n Karoodorpie. Lushowe om van te kies en te keur. Die Leesfees was lekker. "

Prins Albert

Brakdakkie Guest Cottages

"Pragtige dorp en omgewing."

Prins Albert

Karoo Khaya

"Ons het die "ghost walk" baie geniet. Pragtige, skoon dorp."

Prins Albert

Aandrus

"Moenie Gay se melkery en Lazy Lizard se appeltert misloop nie!"

Prins Albert

Aandrus

"Bekoorlik, dis altyd lekker om weer terug te gaan."

Prins Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Very quaint. Will go back. "

Prins Albert

Aandrus

"Prins Albert sien ons definitief weer!"

Prins Albert

Travellers Rest

"Beslis 'n dorpie met sy eie bekoring en potensiaal. Oor die algemeen kan n toeris veilig voel,wat n uitsondering in SA is. Die inwoners is gasvry en vriendelik. Restaurante bied waarde vir geld. Ons sou graag langer wou vertoef."

Prins Albert

Travellers Rest

"Baie mooi dorpie, het dit geniet. Lekker eetplekkies, rustig en stil."

Prins Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Ek sal beslis weer ‘n draai in Prins Albert gaan maak!"

Prins Albert

Karoo View Cottages

"Lieflike, kreatiewe dorp."

Prins Albert

Gecko Cottages

"Prins Albert is 'n belewenis! Vriendelike, skoon dorp met goeie diens op alle terreine. Die heerlikste eet- en kuierplekke. 'n Lafenis vir mens se siel."

Prins Albert

Yellow House

"Dit is ons eerste keer wat ons Prins Albert besoek. Dit is 'n eg plattelandse dorp met 'n rustige atmosfeer. Lekker ontbyt geëet by die Koffiehuis. Baie mooi hotel, langs die Koffiehuis, met pragtige ou meubels. Ons sal volgende keer meer wil rondloop om die dorp te verken."

Prins Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Inwoners is vriendelik en hulpvaardig. Wonderlike rustige Karoo bestemming wat besoekers met ope arms ontvang. Veral die personeel by die Swartberg Hotel het ons laat welkom voel en was professioneel en vriendelik te alle tye. 'n Moet besoek dorp."

Prins Albert

Swartberg Cottages

"Gaan loer in by The Showroom Theater! First Class Awesomeness voorwaar!"

Blad
Blad 30 - Wys 871 tot 900

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang