Geverifieerde Resensie
Prince Albert
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1416 resensies.
"Ons was by die "Show Room", wat 'n aangename verrassing. Die restaurante en koffiewinkeltjies en galerye is almal die moeite werd. Sal weer hiernatoe reis."
"Die dorp is pragtig en netjies en daar kan gesien word dat die gemeenskap hard werk aan hulle mooi dorp."
"Die "rooi bus" toer sterk aan te beveel. Die toergids wonderlik. Na toer kan mens doenlys saamstel. Al die inwoners doen moeite om die dorpie te bemark en die ervaring so aangenaam moontlik te maak. 'n Ondervinding uit die boonste rakke!"
"Prins Albert is 'n "kunstige" dorpie wat definitief die afdraai vanaf die grootpad die moeite werd maak."
"Prins Albert het veral die laaste 5 jaar werklik ontpop as 'n toeristebestemming. Die dorpie se geskiedenis het 'n ryk erfenis en daar is baie om te ervaar, bo en behalwe die rustigheid wat die aantrekking is. Die kleinerige gemeenskap doen baie moeite om die dorpie mooi te maak en die "TLC" is werklik verstommend."
"Baie warm (duh - einde Desemeber - kon dit verwag het), maar baie vriendelike mense. Winkeltjies, kafees en restaurante baie oulik en lekker. Prickly Pear maak die lekkerste pizza."
"A quaint little town with everything at hand, a few eateries with good food. We were very impressed with the cleanliness while walking our small dauchshunds in the early morning. Very quiet. Beautiful surroundings. Awesome. "
"Meer restaurante kan oop wees vir aandete (verskeidenheid). Daar was slegs 2 oop."
"Baie lekker wyn by Soetkelkers, heerlike cappuccino by die hotel en 'n baie skoon dorpie. Ons derde besoek aan Prins Albert en sal dit weer doen."
"Juweel van die Karoo! Fantastiese wyse om die nostalgie van die platteland te beleef."
"Pragtige plek, gaan volgende keer eers 'n paar dae daar oorbly voor ons verder gaan Kaap toe. "
"Old world style village atmosphere and buildings to match. Pity the historic Mill needs another renovation, and the Swartberg pass must be repaired after the last rains."