Geverifieerde Resensie
Randburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Randburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 129 resensies.
"Alhoewel Randburg 'n bedrywige plek is, is die ligging goed en is daar iets van als en nog meer om jouself mee besig te hou. Monte Casino is natuurlik 'n groot aantrekkingskrag in daardie omgewing en absoluut die moeite werd om te besoek."
"Best suburb. I will definitely relocate there if I were to move to Gauteng. "
"24 uur winkels beskikbaar wat 'n plus was omdat ons naweek baie besig was, maar dit het net nie veilig gevoel om na ure daar te stop nie. Gelukkig is daar baie vulstasies wat ook 24 uur oop is en ons kon alles kry wat ons benodig het. Woolworths Food was natuurlik ook naby en het altyd goeie gehalte kossoorte."
"Northcliff is 'n pragtige plek om oor te bly en naby genoeg aan die beste restaurante, teater in Sandton asook Cresta winkelsentrum."
"Linden is centrally located and is a great place to base yourself if you are spending time in and around Johannesburg."
"Randburg/Randpark Golf Club has 2 exceptionally good courses with Cresta shopping centre just up the road. Only 11 km from American Style Guesthouse. Plenty of great shops and restaurants all close by the guesthouse. "
"Oulike dorp behalwe dat daar geen wegneemeetplekke oop was op 'n Sondagaand na ons klaar gemaak het en opgepak het by die dome nie, was verbaas dat al die groot handelsname vroeg gesluit het en toe was vir so 'n groot dorp, self die garage se winkel het niks oorgehad in warm etes om te bied nie."
"Linden is baie naby aan Parkhurst, ons het 'n paar plekke in Parkhurst se 4th Street besoek oor die naweek en was baie beïndruk met alles wat mens kon doen daar. Al die eetplekke was pragtig en dit was moeilik om een te kies waar ons wou eet."
"Linden is sentral geleë vir alle toeristebestemmings in en om Johannesburg."
"Linden is a pretty and lush suburb with lots of big trees. It’s a nice place to stay if you are visiting family or on a business trip. But it is not a tourist destination."
"Ons het nie veel verken of toeriste bestemmings besoek terwyl ons daar was nie."