Geverifieerde Resensie
Richards Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Richards Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 199 resensies.
"Indien u Richardsbaai via die N11 Suid (Suid van Ermelo)tot N2 Noord besoek, maan ons u om uiters versigtig te wees vir die swaar vragmotorverkeer en slaggate. Spoedlokvalle sal u amper in elke sone vind waar die spoedgrens minder as 120km/uur aandui! Richardsbaai oor die algemeen is 'n "vakansiestad" met genoeg avontuur wat in elke behoefte sal voorsien; hetsy 'n stedeling, plaasjapie of reisiger / kranige vakansieganger."
"Lovely place, just stay away on New Year's day as the roads are a disaster! No space on the beach and a shocking amount of litter thrown down by people partying over New Years. "
"Richardsbaai is 'n baie deurmekaar dorp - synde die gedeeltes wat nie aanmekaar grens nie, en as jy vreemd is in die area is dit voorwaar pynlik om te kry wat jy soek."
"Although the owners live next door you have your privacy. Very nice people to deal with."
"Baie skoon en netjiese dorpie. Sal graag meer wil sien. Ons was net daar vir een aand, vir besigheid."
"'n Besonderse netjiese dorp wat goed funksioneer en besonders goed in stand gehou word. "
"Daar is baie gastehuise, nie almal lyk soos op die fotos nie, maar hulle is darem vriendelik en behulpsaam by die meeste plekke. Ons gaan gereeld tuis in gastehuise, aangesien ons mediese behandeling daar ontvang."
"Ons ken Richardsbaai al baie jare. Die weer is middelmatig. Voordat dit te warm word dan koel jy af met 'n windjie of reën."
"Netjiese skoon omgewing. Strate en parke is skoon. Winkelsentrums is groot en koel."