Geverifieerde Resensie
Richmond
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Richmond bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 397 resensies.
"Verrassende mooi dorpie. Pragtige ou huise, meeste goed opgepas, in die wydse Karoo-landskap. Vriendelike mense. "
"It is up and coming and full of wonderful warm hearted South Africans with culture. Love the food and shops and beds too - tried many guesthouses there and they are great."
"Die mooiste Karoo-dorpie met baie om te sien en te ervaar. Heerlike etes by die Plaaskombuis."
"Baie klein dorpie, goed vir verblyf as jy wil oorslaap tussen Johannesburg en die Kaap."
"Oulike Karoo-dorpie met 'n lekker rustige atmosfeer waar 'n mens lekker kan ontspan."
"Richmond is ‘n baie oulike plekkie met baie oulike eetplekke en ander besienswaardige. Dis regtig die moeite werd om daar te stop."
"Oulike plek, boekefees einde Oktober waarskynlik 'n besoek werd. Die mense wat ons ontmoet het is almal vriendelik en gaaf."
"Fantastiese museum, vriendelikste mense met harte van goud en heerlike plaaskos. Die moeite werd om te oornag. "
"Pragtige Karoo dorpie wat goed geleë is vir een nag se oorslaap. Indien mens die boekefees wil bywoon kan mens dalk langer oorbly. Daar is 'n perdemuseum wat een van twee in die wêreld is en dit is die moeite werd om te besoek."
"Baie stil en rustige plekkie. Gee jou die atmosfeer van 'n ou dorpie. Mense baie vriendelik en behulpsaam."
"Dis nie iets wat ek verwag het nie, maar weet dis die Karoo en 'n regte klein Karoodorpie ons is van Natal het nog nooit tevore daai kant gegaan, maar die rit terug het dit darem beter begin lyk."
"Ek sal net die Johannesburg/Kaapstad-roete aanpak spesiaal om hier te kan bly!"