Verified Reviews
Richmond
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Richmond
Rated 3.8 out of 5 based on 397 reviews.
"The locals are welcoming and always willing to engage in conversation."
"Maak seker om 'n draai by die boekwinkel te maak, dis die moeite werd. "
"Jammer dat ons nie by aankoms of vertrek die Richhmond Book Town Headquarters kon oop vind nie."
"It's a small quaint town but very run down and the maintenance from the municipality's side is next to none. An interesting stopover as they used to breed horses here for the Durban July. "
"A unique old style Cape village full of interesting features to explore."
"Richmond was 'n lekker verrassing. Sal verseker terugkeer vir een van hulle boekfeeste. Vertrou dat die inwoners van Richmond die dorpie aan die gang sal hou. Belangrik dat hulle nie die status van 'n boekedorp verloor nie. "
"Beste bestemming vir oorslaap tussen Kaapstad en Johannesburg. Staan tyd af om bietjie die dorp te verken."
"Die mense van Richmond het mooi harte! Oral waar ons tydens ons verblyf gegaan het, het die plaaslike mense ons geweldig beïndruk met hulle oop harte, vriendelikheid en gasvryheid. Richmond het 'n besonderse museum wat 'n besoek werd is. Daar is ook kunsgalerye om te besoek en die unieke belangstelling in boeke maak die dorp 'n besoek werd. Verder bied dié dorp ook 'n ryk geskiedenis van onder meer die Anglo-Boereoorlog. Die omgewing maak van Richmond 'n moet-stop."
"Alle winkels was vroeg toe en kon dus nie ervaar. Lyk interessant van buite."
"Richmond as dorpie het totaal agteruitgegaan. Ons was selfs bang dat ons nie brandstof daar sal kry nie, maar gelukkig was dit nie 'n probleem nie."
"Die wind het baie gewaai die dag en ek het nie die omgewing verken nie. Dit is 'n goeie oornag op pad na Kaapstad."
"Ek en my vrou het die aand by die restaurant: "Die Krip" gaan eet. Ek was teleurgesteld om in die middel van die Karoo 'n skaapnekvleisdis te bestel en nie die Karooskaap te kon proe nie. My vrou se T-been steak was heerlik sag en presies gaargemaak soos sy dit wou hê."
"Dele van die dorp lyk vervalle. Historiese begrafplaas met grafte uit Anglo Boere oorlog in baie swak toestand. Lekker restaurante, interessante boekwinkels."