Verified Reviews
Riebeek-Kasteel
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Riebeek-Kasteel
Rated 4.6 out of 5 based on 263 reviews.
"Lovely getaway from the usual hustle and bustle. Be sure to visit the Jolly Olive for a cold one and enjoy the beautiful view from their patio. Allesverloren rocked with a live band called Millenium as well as delicious plated food on Saturday evening. Be sure to stop at Eight Feet Village on the Bothmaskloof Pass for a yummy pizza also with exquisite views of the Riebeek Valley. Another hidden gem was Meerhof wine farm - lovely for a wine tasting and lunch with stunning views and great atmosphere. On your way home, stop at the airy and spacious family owned Nuweplaas Shop Eat Play - a well-stocked gift shop and boerekos restaurant where you can feed the farm animals and kids can enjoy the play area."
"Wat 'n pragtige, historiese dorpie. Ons het heerlik saam as familie gekuier en troue gehou. Die dorpie is so mooi geleë en 'n pragtige romantiese omgewing met die mooiste ou kerkie en Het Vlok die perfekte trou venue. Heerlike eetplekke en verskeie akkommodasie wat familiekuiers nog lekkerder maak. Word ten sterkste aanbeveel. Baie om te sien en doen in die omgewing ook."
"Was daar vir 'n bruilof en het dus nie baie beweeg. Baie dinge om te ervaar en kan n besoek aanbeveel. Ongelukkig was die Het Vlock Kasteel gesluit vir een of ander rede wat n besoek werd sou wees!"
"'n Besondere, landelike streek met vriendelike mense en dorpe wat goed bestuur en versorg word."
"Riebeeck-Wes is 'n rustige dorpie, 'n klipgooi vanaf Riebeeck Kasteel, waar daar oulike snuffel- en kuierplekkies is. Dorpies met aantreklike atmosfeer, naby Durbanville, Kaapstad."
"Vir 'n een dag die dorp ervaring is dit 'n belwenis, tensy 'n mens bereid is om die omgewing ook te verken en dan rond te ry."
"Baie mooi dorp en daar is dinge wat jy kan doen en wynproe ens. Die nabygeleë dorpe is net om die draai. Baie eetplekke om van te kies."
"Wonderlike dorp om 'n naweek in deur te bring. Pragtige winkels met ongelooflike lekkernye. Ons gunsteling winkel was "Roes", 'n oudhedewinkel. So baie goed om te koop! "
"Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes is 'n heerlike wegbreek van die Kaap af. Nie te ver nie en die omgewing is pragtig."
"Die mooiste dorpie. Vriendelike mense orals en heerlike restaurante en wynplase. Kan nie wag om terug te gaan nie."
"Oulike dorp met baie karakter en vriendelike mense."
"Such a lovely quaint town. Very clean and well kept. Interesting restaurants and shops. A must see."
"Riebeek-Kasteel is 'n pragtige dorpie met baie mooi winkeltjies en uitstekende resturante om by te eet. Lekker naby die Kaap geleë vir daguitstappies."