Geverifieerde Resensie
Riemvasmaak Region
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Riemvasmaak Region bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 333 resensies.
"Ek dink daar kan vanaf Keimoes se rigting 'n bord aangebring word wat die afdraai na die Augrabies Watervalle aandui (daar is wel een vanaf rigting Pofadder). Ons was een van 'n paar mense wat by die eerste plaasingang na die afdraai omgedraai het om terug te gaan vir die afdraai."
"Dit was 'n heerlike kuier en sal graag weer daar wil gaan kuier."
"Die skoon strate en netheid van die Noord-Kaap het ons van Mpumalanga baie beïndruk."
"Doen die moeite en verken al die plekkies wat nie op die hoofroete is nie. Dis 'n absolute lushof. Met kontraste - een kant grasgroen en ander kant droë landskappe."
"Kakamas is pragtig. Hou van die landelikheid en kalmte wat die dorp weerspieël."
"Die dorpie het maar baie agteruit gegaan wat maar oral tans gebeur maar daar is definitief die nodigste winkels tot jou beskikking. Ons ook deur gery Kakamas toe en selfs Kanoneiland om die dorpies bietjie te gaan verken."
"Ek maak seker om by Keimoes Padstal aan te gaan as ons net naby verbyry. Wat baie insiggewend sal wees by Keimoesgastehuise is statistiek en algemene agtergrond van die vrugte, wyn en boerderybedryf en sonkrag van die omgewing. Ek vermoed dit is indrukwekkend."
"Nie die dorp self nie, maar daar is sulke mooi en interessante plekke om Keimoes!"