Geverifieerde Resensie
Sabie
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sabie bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 702 resensies.
"Nie veel om in Sabie self te doen nie, maar sentraal geleë om al die besienswaardighede van die Laeveld te besoek."
"It's a very beautiful town with a lot of attractions. I will recommend it to any tourist."
"Het heerlik vakansie gehou. Besienswaardighede is besonders en duidelik aangedui. Na ons sewende besoek is dit steeds besonders."
"Elke plekkie wat ons besoek het was 'n belewenis, net jammer dat 'n mens deesdae moet betaal om al die watervalle en die wonder van God se skepping in die natuur, te kan sien."
"Sabie het baie agteruit gegaan vandat ons laas daar was. Die paaie kort ernstige aandag en die algemene netheid en instandhouding van die dorp ook."
"Sabie is 'n lieflike plek om te bly, net jammer die gate in die paaie word nie na gekyk nie. Al die mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Sabie nie soveel om te doen nie, maar die omliggende plekke wat ons besoek het was goeie toeriste bestemmings."
"Sabie is nog altyd 'n waarde-vir-geld-bestemming. En met die dat al die paaie in die omgewing nog in 'n goeie toestand is, maak dit sin om die Laeveld te besoek."
"Fantastiese plek. Kuier al vir jare in Sabie. Ons bly gewoonlik by my sussie. Maar ons was te veel mense vir my swaer se 60ste."
"Sabie is 'n baie mooi, natuurlike trekpleister. Watervalle en mooi omliggende areas om te sien."
"Die omgewing, nie net Sabie, het baie agteruit gegaan. Was baie geskok. God's Windows is regtig 'n totale gemors."
"Sabie is nog altyd vir my en my gesin die beste plek in Suid-Afrika. Maar ongelukkig vandat dit dorp van die jaar was het dit begin agteruit gaan, veral na die Covid 19-pandemie. Ek hoop die munisipaliteit begin hulle pêrel van 'n dorpie reg te maak sodat hulle weer kan tops wees."